Die Potez 630 is 'n reeks vliegtuie wat deur Frankryk ontwikkel is en diens gedoen het tydens die Tweede Wêreldoorlog. Daar was vegters en bomwerpers. Die vliegtuig het sy nooiensvlug afgelê op 25 April 1936. Die Potez 630 is 'n driesitplek, tweemotorige vliegtuig. Dit was 'n moderne vliegtuig vir sy tyd met terugtrekbare wiele. Die eerste 80 modelle was almal verbied om te vlieg as gevolg van motorfalings met katastrofiese gevolge. Die Potez 630 is later afgradeer vir sekondêre diens.

Die Potez 631 was toegerus met Gnome-Rhône motors en was 'n groot sukses. Daar was 200 eenhede gebou van die vliegtuig wat aan die Franse Lugmag en Franse Vloot verskaf was. Gedurende die Slag om Frankryk het Potez 631's, gebruik as dag-en-nagvegters, daarin geslaag om 29 Duitse vliegtuie af te skiet. Na die oorgawe van Frankryk was die vliegtuie gebruik deur Vichy-Frankryk maar was later oorgeneem deur Roemenië.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Potez 631: Item Statistiek Aantal motore 2 Tipe motor Skroef Vervaardiger Hispano-Suiza 14AB 14-silinder, 2 ry stermotors Kraglewering per motor 725 perdekrag Vlerkspan 16,2 m Lengte 11,07 m Hoogte 3,04 m Vlerkoppervlakte 32,7 m2 Maks. opstygmassa 3 760 kg Maks. snelheid 442 km/h Operasionele hoogte 10 000 m Togafstand 1 200 km Klimvermoë 4 000 m in 5 minute en 56 sekondes Bewapening Twee 20 mm kanonne wat vorentoe kyk,een 7,5 mm masjiengeweer agter in kajuiten vier 7,5 mm masjiengewere onder die vlerke.

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog