Die Nobelprys vir fisika (Sweeds: Nobelpriset i fysik) is ’n jaarlikse prys wat deur die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe toegeken word aan mense wat wêreldwyd die uitmuntendste bydraes op die gebied van fisika gelewer het. Dit is een van vyf pryse waarvoor Alfred Nobel in sy testament voorsiening gemaak en sedert 1901 toegeken word; die ander is die Nobelpryse vir chemie, fisiologie of geneeskunde, letterkunde en vrede.

duimnael|links|Hoofgebou van die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe Die akademie kondig die naam van die Nobelpryswenners jaarliks vroeg in Oktober aan, met die Nobelprys vir fisika tradisioneel tweede en op 'n Dinsdag. Die prys word jaarliks in Stockholm, Swede, toegeken op 10 Desember, die herdenking van Nobel se dood. Tot en met 2025 is die prys aan altesaam 229 individue toegeken. Nog net vyf vroue het dit gekry: Marie Curie in 1903, Maria Goeppert-Mayer in 1963, Donna Strickland in 2018, Andrea M. Ghez in 2020 en Anne L’Huillier in 2023.

John Bardeen is een van twee bekroondes wat twee keer die Nobelprys in dieselfde vak toegeken is, in 1956 en 1972. Frederick Sanger is die ander en is twee keer met die Nobelprys vir Chemie bekroon, in 1956 en 1972. Twee ander het Nobelpryse twee keer gewen, een in chemie en een in 'n ander vak: Maria Skłodowska-Curie (fisika in 1903 en chemie in 1911) en Linus Pauling (chemie in 1954 en vrede in 1962).

Die 2025-Nobelprys vir fisika is toegeken aan John Clarke, Michel Devoret en John M. Martinis "vir die ontdekking van makroskopiese kwantummeganiese tonnelvorming en energiekwantisering in 'n elektriese stroombaan".

Die pryse, wat 'n bedrag geld (SEK9 miljoen, omtrent VSA$1 miljoen per pryskategorie, wat dan gelykop onder die Bekroondes verdeel word), 'n goue medalje en 'n diploma insluit, word op 10 Desember, die herdenking van Nobel se sterfdag in 1896, tydens 'n seremonie deur die Sweedse koning, tans Carl XVI Gustaf van Swede, in die Stockholmse Konsertsaal uitgedeel.

Hieronder volg 'n lys van die ontvangers van die Nobelprys vir fisika vanaf 1901 tot op hede. In 1916, 1931, 1934 en 1940–1942 is die prys nie toegeken nie; die toekenning van 1921 is in die volgende jaar toegeken, toe Albert Einstein die Nobelprys vir fisika ontvang het.

1900's – 1910's – 1920's – 1930's – 1940's – 1950's – 1960's – 1970's – 1980's – 1990's – 2000's – 2010's – 2020's

1900's + Nobelprys vir fisika, 1900'sJaar NaamLandBeweegrede 1901 75px Wilhelm Röntgen "ter erkenning van die buitengewone dienste wat hy gelewer het deur die ontdekking van die merkwaardige X-strale wat later na hom genoem is" 1902 75px Hendrik Lorentz "ter erkenning van die buitengewone diens wat hulle deur hul ondersoeke op die invloed van magnetisme op stralingverskynsels gelewer het" 75px Pieter Zeeman 1903 75px Henri Becquerel "vir sy ontdekking van spontane radioaktiwiteit" 75px Pierre Curie "vir hul gesamentlike ondersoeke na die stralingverskynsels wat deur professor Henri Becquerel ontdek is" 75px Marie Curie 1904 75px John William Strutt "vir sy ondersoek na die digtheid van die belangrikste gasse en vir sy ontdekking van argon in verband met hierdie studies" 1905 75px Philipp Lenard "vir sy werk op katodestrale" 1906 75px J.J. Thomson "vir sy teoretiese en eksperimentele ondersoeke op die geleiding van elektrisiteit deur gasse" 1907 75px Albert A. Michelson "vir sy optiese presisie instrumente en die spektroskopiese en metrologiese ondersoeke wat uitgevoer is met hul hulp" 1908 75px Gabriel Lippmann "vir sy metode om kleure te fotografeer gebaseer op die verskynsel van inmenging" 1909 75px Guglielmo Marconi "vir hul bydraes tot die ontwikkeling van draadlose telegrafie" 75px Karl Ferdinand Braun

1910's + Nobelprys vir fisika, 1910'sJaar NaamLandBeweegrede 1910 75px Johannes Diderik van der Waals "vir sy werk op die toestandsvergelyking vir gasse en vloeistowwe" 1911 75px Wilhelm Wien "vir sy ontdekkings rakende die wette wat die straling van hitte bepaal" 1912 75px Gustaf Dalén "vir sy uitvinding van outomatiese kleppe ontwerp om gebruik te word in kombinasie met gasakkumulators in vuurtorings en boeie" 1913 75px Heike Kamerlingh Onnes "vir sy ondersoek op die eienskappe van materie by lae temperature wat onder meer tot die produksie van vloeibare helium gelei het" 1914 75px Max von Laue "Vir sy ontdekking van die diffraksie van X-strale deur kristalle", 'n belangrike stap in die ontwikkeling van X-straal-spektroskopie 1915 75px William Henry Bragg "Vir hul dienste in die analise van kristalstruktuur deur middel van X-strale", 'n belangrike stap in die ontwikkeling van X-straal-kristallografie 75px William Lawrence Bragg 1917 75px Charles Glover Barkla "Vir sy ontdekking van die kenmerkende Röntgen-straling van die elemente", 'n ander belangrike stap in die ontwikkeling van X-straal-spektroskopie 1918 75px Max Planck "vir die dienste wat hy gelewer het aan die bevordering van fisika deur sy ontdekking van kwantumenergie" 1919 75px Johannes Stark "vir sy ontdekking van die Doppler-effek in kanaalstrale en die splitsing van spektraallyne in elektriese velde"

1920's + Nobelprys vir fisika, 1920'sJaar NaamLandBeweegrede 1920 75px Charles Édouard Guillaume "vir die diens wat hy gelewer het aan presisiemetings in fisika deur sy ontdekking van afwykings in nikkel-staallegerings" 1921 75px Albert Einstein "vir sy dienste aan teoretiese fisika, en veral vir sy ontdekking van die wet van die foto-elektriese effek" 1922 75px Niels Bohr "vir sy dienste in die ondersoek op die struktuur van atome en van die straling wat daaruit voortspruit" 1923 75px Robert Andrews Millikan "vir sy werk op die elementêre lading van elektrisiteit en op die foto-elektriese effek" 1924 75px Manne Siegbahn "vir sy ontdekkings en navorsing op die gebied van X-straal-spektroskopie" 1925 75px James Franck "vir hul ontdekking van die wette wat die impak van 'n elektron op 'n atoom beheer" 75px Gustav Ludwig Hertz 1926 75px Jean Baptiste Perrin "vir sy werk op die diskontinue struktuur van materie, en veral vir sy ontdekking van sedimentasie-ewewig" 1927 75px Arthur Compton "vir sy ontdekking van die effek wat na hom genoem is" 75px Charles Thomson Rees Wilson "vir sy metode om die paaie van elektries gelaaide deeltjies sigbaar te maak deur kondensasie van damp" 1928 75px Owen Willans Richardson "vir sy werk op die termiese verskynsel, en veral vir die ontdekking van die wet wat na hom genoem is" 1929 75px Louis de Broglie "vir sy ontdekking van die golfgeaardheid van elektrone"

1930's + Nobelprys vir fisika, 1930'sJaar NaamLandBeweegrede 1930 75px C.V. Raman "vir sy werk op die verstrooiing van die lig en vir die ontdekking van die uitwerking wat na hom genoem is" 1932 75px Werner Heisenberg "vir die skepping van kwantummeganika, waarvan die toepassing onder andere tot die ontdekking van die allotropiese vorme van waterstof gelei het" 1933 75px Erwin Schrödinger "vir die ontdekking van nuwe produktiewe vorme van atoomteorie" 75px Paul Dirac 1935 75px James Chadwick "vir die ontdekking van die neutron" 1936 75px Victor Francis Hess "vir sy ontdekking van kosmiese straling" 75px Carl David Anderson "vir sy ontdekking van die positron" 1937 75px Clinton Davisson "vir hul eksperimentele ontdekking van die diffraksie van elektrone deur kristalle" 75px George Paget Thomson 1938 75px Enrico Fermi "vir sy demonstrasies oor die bestaan van nuwe radioaktiewe elemente wat deur neutronstraling geproduseer word en vir sy verwante ontdekking van kernreaksies wat veroorsaak word deur stadige neutrone" 1939 75px Ernest Lawrence "vir die uitvinding en ontwikkeling van die siklotron en vir die resultate wat daarmee verkry word, veral ten opsigte van kunsmatige radioaktiewe elemente"

1940's + Nobelprys vir fisika, 1940'sJaar NaamLandBeweegrede 1943 75px Otto Stern "vir sy bydrae tot die ontwikkeling van die molekulêre straalmetode en sy ontdekking van die magnetiese momentum van die proton" 1944 75px Isidor Isaac Rabi "vir sy resonansie metode vir die opname van die magnetiese eienskappe van atoomkerne" 1945 75px Wolfgang Pauli "vir die ontdekking van die uitsluitingsbeginsel, ook die Pauli-beginsel genoem" 1946 75px Percy Williams Bridgman "vir die uitvinding van 'n apparaat om uiters hoë druk te produseer, en vir die ontdekkings wat hy daardeur op die gebied van hoëdrukfisika gemaak het" 1947 75px Edward Victor Appleton "vir sy ondersoek op die fisika van die boonste atmosfeer, veral vir die ontdekking van die sogenaamde Appleton-laag" 1948 75px Patrick Blackett "vir sy ontwikkeling van die Wilson-wolkkamermetode, en sy ontdekkings daarmee op die gebied van kernfisika en kosmiese straling" 1949 75px Hideki Yukawa "vir sy voorspelling van die bestaan van mesone op grond van teoretiese werk op kernkragte"

1950's + Nobelprys vir fisika, 1950'sJaar NaamLandBeweegrede 1950 75px C.F. Powell "vir sy ontwikkeling van die fotografiese metode om kernprosesse te bestudeer en sy ontdekkings rakende mesone wat met hierdie metode gemaak is" 1951 75px John Cockcroft "vir hul baanbrekende werk oor die transmutasie van atoomkerne deur kunsmatig versnelde atoomdeeltjies" 75px Ernest Walton 1952 75px Felix Bloch "vir hul ontwikkeling van nuwe metodes vir kernmagnetiese presisiemetings en ontdekkings in verband daarmee" 75px Edward Mills Purcell 1953 75px Frits Zernike "vir sy demonstrasie van die fase-kontrasmetode, veral vir sy uitvinding van die fase-kontrasmikroskoop" 1954 75px Max Born "vir sy fundamentele navorsing op kwantummeganika, veral vir sy statistiese interpretasie van die golffunksie" 75px Walther Bothe "vir die toevalmetode en sy ontdekkings wat daarmee gepaard gaan" 1955 75px Willis Lamb "vir sy ontdekkings rakende die fynstruktuur van die waterstofspektrum" 75px Polykarp Kusch "vir sy presiese bepaling van die magnetiese momentum van die elektron" 1956 75px John Bardeen "vir hul navorsing oor halfgeleiers en hul ontdekking van die transistoreffek" 75px Walter Houser Brattain 75px William Shockley 1957 75px Tsung-Dao Lee "vir hul deurdringende ondersoek na die sogenaamde pariteitswette wat tot belangrike ontdekkings met betrekking tot die elementêre deeltjies gelei het" 75px Chen-Ning Yang 1958 75px Pawel Cherenkof "vir die ontdekking en interpretasie van die Cherenkof-effek" 75px Ilja Frank 75px Igor Tamm 1959 75px Emilio Segrè "vir hul ontdekking van die antiproton" 75px Owen Chamberlain

1960's