Xenu (/ˈziːnuː/), ook Xemu genoem, was volgens Sciëntologie se stigter L. Ron Hubbard, die diktator van die "Galactic Confederacy" (Galaktiese Verbond) wat 75 miljoen jaar gelede miljarde van sy mense na die Aarde (toe bekend as "Teegeeack") gebring het in ruimtetuie wat soos DC-8 vliegtuie gelyk het, rondom vulkane gestapel het, en hulle met waterstofbomme doodgemaak het. Amptelike Sciëntologiese geskrifte beweer dat die thetane (onsterflike siele) van hierdie buiteruimtelike weses vasklou aan mense, en hulle sodoende geestelike skade berokken.

Hierdie gebeure staan in Sciëntologie as "Incident II" (Voorval II) bekend, en die traumatiese herinneringe wat daarme verband sou hou as "The Wall of Fire" (Die Muur van Vuur) of die "R6 implant" (R6 implantaat). Die verhaal van Xenu vorm deel van Sciëntologiese leerstellings oor buiteruimtelike beskawings en ingrypings in aardse gebeure, wat gesamentlik deur Hubbard as "space opera" (ruimte opera) beskryf word. Hubbard het die verhaal in die studiemateriale vir Operating Thetan vlak III (OT III) in 1967 beskryf, en gewaarsku dat die vorige trauma van die "R6 implant" enigiemand wat dit sou probeer oplos kon doodmaak, byvoorbeeld deur longontsteking.

Binne die Kerk van Sciëntologie maak die verhaal van Xenu deel uit van die geheime "Gevorderde Tegnologie", en word as 'n heilige en esoteriese leerstelling beskou, wat gewoonlik net openbaar word aan lede wat reeds 'n lang reeks kursusse voltooi het wat groot bedrae geld kos. Die kerk vermy enige melding van Xenu in openbare verklarings, en het pogings aangewend om die verhaal geheim te hou, insluitend regsaksie op grond van kopiereg en handelsgeheime. Amptenare van die Kerk van Sciëntologie probeer gewoonlik om die Xenu verhaal te ontken of verhul. Ten spyte hiervan het baie materiaal oor Xenu deur hofdokumente en afskrifte van Hubbard se notas, via die media en die Internet aan die publiek bekend geword. In kommentare oor die impak van die tekste oor Xenu, het akademici Hubbard se geskrifte en hulle plek binne Sciëntologie ontleed binne die konteks van wetenskapfiksie, UFO godsdienste, Gnostisisme en skeppingsmites.

Opsomming duimnael|200x200px|'n DC-8 vliegtuig in 2004. Volgens Hubbard was Xenu se ruimtetuie net soos DC-8 vliegtuie, maar sonder die jet enjins. Die verhaal van Xenu word in die OT III tekste behandel, wat deel vorm van Sciëntologie se geheime "Gevorderde Tegnologie" wat slegs openbaar word aan lede wat baie ure van "auditing" (psigiese ouditering) ondergaan het en die status van "clear" bereik het, gevolg deur die "Operating Thetan" vlakke 1 en 2. Dit word in meer detail bespreek in die meegaande vertroulike "Assists" lesing van 3 Oktober 1968, en is gedramatiseer in "Revolt in the Stars" (Opstand in die Sterre), 'n draaiboek en roman wat L. Ron Hubbard in 1977 geskryf het.

Hubbard het geskryf dat Xenu 75 miljoen jaar gelede die heerser van 'n Galaktiese Verbond was, wat uit 26 sterre en 76 planete bestaan het, insluitend die Aarde, wat toe bekend gestaan het as "Teegeeack". Die planete was oorbevolk, met 'n gemiddelde bevolking van 178 miljard. Die Galaktiese Verbond se beskawing was volgens hom vergelykbaar met ons eie, met ruimtewesens wat klere sou dra wat merkwaardig baie sou lyk soos die klere wat mense in moderne tye dra, en motors, treine en bote sou gebruik wat presies dieselfde sou voorkom as dié van "circa 1950, 1960" op Aarde.

Xenu het onder dringende gevaar van afsetting gestaan, en het derhalwe 'n plan uitgedink om ontslae te raak van die oortollige bevolking van sy ryk. Met die hulp van psigiaters, het hy miljarde van sy burgers onder die voorwendsel van inkomstebelastingsinspeksies versamel, en hulle verlam en gevries in 'n mengsel van alkohol en glikol om hulle siele vas te vang. Die ontvoerde bevolking is in ruimtetuie gelaai om hulle na die die planeet Teegeeack (Aarde) te vervoer, waar hulle uitgewis sou word. Die voorkoms van hierdie ruimtetuig sou later onbewustelik uitgedruk word in die ontwerp van die Douglas DC-8, die enigste verskil synde dat die DC8 enjins het. Toe hulle Teegeeack bereik het, is die verlamde ruimtewesens romdom om die basisse van vulkane rondom die planeet gestapel. Waterstofbomme is toe in die vulkane afgehys en gelyktydig laat ontplof, en daardeur is amper al die ruimtewesens doodgemaak.

Die slagoffers se siele, wat Hubbard thetane genoem het, is deur die ontploffing in die lug geblaas. Hulle is deur Xenu se magte met behulp van 'n "elektroniese lint" (volgens Hubbard "ook 'n tipe staande golf") gevang en ingesuig in "vakuum sones" rondom die wêreld. Die honderde miljardeA billion in Kort en lang skaalverdeling is a thousand million in Long Scale. van gevangene thetane is na 'n tipe filmteater gebring, waar hulle gedwing is om ses-en-dertig dae lank 'n "drie-D, super kolossale rolprent" te kyk. Hiermee is volgens Hubbard "verskeie misleidende data"' (gesamentlik bekend as die R6 implantaat) in die herinneringe van die thetane ingeprent, en sou onder andere te make hê met God, die Duiwel, en ruimte opera. Dit sou al die wêreldgodsdienste insluit; Hubbard het spesifiek Rooms-Katolisisme en die beeld van die Kruisiging aan die invloed van Xenu toegeskryf. Die twee "implanteringstasies" wat Hubbard genoem het sou volgens hom op Hawaii en Las Palmas in die Kanariese Eilande wees.

Bykomend tot die inplanting van nuwe gelowe in die thetane, sou die beelde hulle sin van persoonlike identiteit uitwis. Nadat die thetane die implanteringstasies verlaat het, sou hulle volgens Hubbard begin om in groepe van 'n paar duisend saam te koek, aangesien hulle die vermoë verloor het om tussen mekaar te onderskei. Elke groep van thetane sou in een van die paar oorblywende liggame wat die ontploffing oorleef het, versamel. Daardeur sou hulle in sogenaamde body thetans (liggaam-thetane) ontaard, wat volgens gevorderde Sciëntologiese tekste nog steeds aan alle mense vasklou en hulle nadelig beïnvloed, behalwe Sciëntoloë wat die nodige stappe geneem het om hulle te verwyder.

'n Lojale regeringsfaksie het uiteindelik Xenu en sy groep omvergewerp, en hom toegesluit in "n elektroniese berg lokval" waarvan hy nie ontsnap het nie. Alhoewel seker bronne beweer dat Xenu se liggaam in die Pireneë op Aarde sou wees, is dit eintlik die ligging wat Hubbard elders vir 'n ou "Mars verslag stasie" aangegee het. Teegeeack sou volgens Hubbard na afloop van hierdie gebeure deur die Galaktiese Verbond verlaat word, en sou tot vandag toe as 'n "tronkplanet" dien, maar sou nogtans sedertdien herhaaldelik deur buiteruimtelike wesens aangeval geword het.

In 1988 het die koste om hierdie geheime van die Kerk van Sciëntologie te leer £3,830, of US$6,500 beloop. Dit was bykomend tot die koste van die vorige kursusse wat nodig is om in aanmerking te kom vir die OT III, wat op hulle beurt dikwels meer as US$100,000 (ongeveer £60,000) sou beloop. Geloof in Xenu en liggaamsthetane is 'n voorvereiste vir 'n Sciëntoloog om verder te vorder in sy ontwikkeling, oor die sogenaamde "Bridge to Total Freedom" (Brug na Totale Vryheid). Diegene wat nie die voordele van die OT III kursus verwesentlik nie, word verwag om dit te herhaal, en weer daarvoor te betaal.

Sciëntologiese leerstellings Binne Sciëntologie, word die verhaal van Xenu "The Wall of Fire" of "Incident II" ("Die Muur van Vuur" of "Voorval II") genoem. Hubbard het geweldige belang daaraan gekoppel, en gesê dat dit die geheime van 'n ramp daarstel wat gelei het tot die verval van lewe soos ons dit ken in hierdie sektor van die sterrestelsel. Die buitelyne van die verhaal, naamlik dat 'n groot ramp 75 miljoen jaar gelede in hierdie sektor van die sterrestelsel gebeur het wat uiters negatiewe gevolge vir almal sedertdien ingehou het, word wel aan scientoloë op die laer vlakke genoem, maar die besonderhede word streng vertroulik gehou.

Die OT III dokument beskryf dat Hubbard die Muur van Vuur binnegedring het, maar lewendig uitgekom het ("waarskynlik die enigste een wat dit in 75,000,000 jaar kon doen"). Hy het sy deurbraak vir die eerste keer in die openbaar aangekondig in Ron's Journal 67 (RJ67), 'n lesing wat op 20 September 1967 opgeneem is, om aan alle Sciëntoloë gestuur te word. Volgens Hubbard het hy sy navorsing ten koste van 'n gebreekte rug, knie, en arm voltooi. OT III bevat 'n waarskuwing dat die R6 implantaat enigiemand wat dit probeer oplos kan doodmaak, byvoorbeeld deur longontsteking. Hubbard het beweer dat sy "tegnologie ontwikkeling", met ander woorde die OT materiaal, hierdie bedreiging geneutraliseer het, en daardeur 'n veilige pad na verlossing oopgemaak het.

Die Kerk van Sciëntologie verbied die lees van die OT III Xenu kosmogonie sonder om eers die voorvereiste kursusse te neem. Sciëntoloë waarsku dat die lees van die Xenu verhaal sonder behoorlike voorbereiding, longontsteking kan veroorsaak.

In RJ67 het Hubbard verwys na die verwoestende effek van Xenu se volksmoord, deur te sê dat die planeet sedertdien 'n "woestyn" was, en dat dit die lot van 'n handvol mense geword het om die planeet se "tegnologie" tot 'n vlak te bring waar die katastrofe deurdring en ongedaan gemaak kan word, en beweer dat die Sciëntoloë goed op pad is om dit reg te kry.

OT III handel ook oor "Incident I" (Voorval I), wat vier quadriljoen (4×1015)Four thousand billion in Kort en lang skaalverdeling. jaar gelede sou gebeur het. In Voorval I, is die niksvermoedende thetaan onderwerp aan 'n harde klapgeluid gevolg deur 'n vloed van lig, en het toe 'n strydwa gesien wat gevolg is deur 'n trompetterende gérub. Na 'n reeks harde klapgeluide, is die thetaan oorweldig deur duisternis. Dit word beskryf dat alleen hierdie traumatiese herinneringe thetane van hulle "statiese" (natuurlike, goddelike) status skei.

Hubbard skryf baie fisiese en geestelike kwale aan liggaamsthetane toe, wat volgens hom ook verhoed dat mense die hoogste geestelike vlakke bereik. OT III vertel die Sciëntoloog om liggaamthetane op te spoor en hulle "van die gevolge van Voorvalle I en II te bevry". Dit word in solo-ouditering gedoen, met ander woorde waar die Sciëntoloog homself ouditeer. Die Sciëntoloog word aangesê om 'n groep van liggaamsthetane te vind, dit telepaties aan te spreek, en eers as 'n groep, en daarna elke individuele lid, deur Voorval II, en indien nodig Voorval I, te lei. Hubbard waarsku dat die proses omsigtig gedoen moet word, en dat die afhandeling van liggaamsthetane in OT vlakke IV tot VII voorgesit word.

Die Kerk van Sciëntologie maak beswaar daarteen dat die Xenu verhaal gebruik word om Sciëntologie as wetenskapsfiksie fantasie uit te beeld. Hubbard se stellings oor die R6 inplanting het 'n bron van twis geword. Kritici en sommige Christene voer aan dat Hubbard se uitsprake ten opsigte van R6 bewys dat Sciëntologiese leerstellings onversoenbaar is met Christendom, ten spyte van die Kerk van Sciëntologie se uitsprake tot die teendeel.

Oorsprong van die verhaal Hubbard het die OT III materiale teen die einde van 1966 en vroeg in 1967 in Noord-Afrika geskryf terwyl hy op pad was na Las Palmas om aan te sluit by die Enchanter, die eerste skip van sy private Sciëntologie vloot (die "Sea Org"). Hy het later beklemtoon dat OT III sy eie persoonlike ontdekking was.

Kritici van Sciëntologie het beweer dat ander faktore moontlik ingewerk het. In 'n brief van daardie tyd aan sy vrou Mary Sue, het Hubbard gesê dat hy, om sy navorsing aan te help, alkohol, stimulante en depressante gebruik het ("I'm drinking lots of rum and popping pinks and greys"). Sy assistent teen daardie tyd, Virginia Downsborough, het gesê dat sy hom moes afspeen van sy gewoonte van dwelmgebruik. Russell Miller postuleer in sy boek Bare-faced Messiah dat dit vir Hubbard belangrik was om in 'n verswakte toestand gevind te word, om OT III as 'n geweldige navorsingsprestasie voor te stel.