Flavius Belisarius (Φλάβιος Βελισάριος, c. 505Sy presiese geboortedatum is onbekend. PLRE III, p. 182 – 565) was 'n generaal van die Bisantynse Ryk. Hy was instrumenteel in Keiser Justinianus se ambisieuse projek om groot gedeeltes van die grondgebied van die voormalige Wes-Romeinse Ryk rondom die Middellandse See, wat minder as 'n eeu tevore afgestaan is, te herower.

Een van die bepalende kenmerke van Belisarius se loopbaan was sy sukses ten spyte van wisselende vlakke van ondersteuning van Justinianus. Sy naam is dikwels genoem as een van die sogenaamde "Laaste van die Romeine".

Vroeë lewe en loopbaan duimnael|Kaart van die Bisantynse-Persiese grensgebiede Belisarius is waarskynlik in Germane of Germania gebore, 'n vestingstad waarvan sommige argeologiese oorblyfsels nog steeds bestaan, op die terrein van die huidige Sapareva Banya in suidwestelike Bulgarye, binne die grense van Thrakië en Paeonië, of in Germen, 'n dorp in Thrakië naby Adrianopel, tans in Griekeland.Robert Graves, Count Belisarius and Procopius’s Wars, 1938 Hy is in 'n IllirieseHistory of the Later Roman Empire: From the Death of Theodosius I to the death of Justinian Band 2, deur J.B. Bury, bladsy 56The Age of Faith: The Story of Civilization deur Will Durant, Hoofstuk VCount Marcellinus and His Chronicle deur Brian Croke, bladsy 75 of Thrakiese familie van moontlike Gotiese afkoms, gebore, maar het Latyn as moedertaal gepraat, as 'n jong man by die Romeinse Leër aangesluit, en het in die lyfwag van Keiser Justinus I gedien.

Hy het tot die aandag van Justinus en sy neef, Justinianus, gekom as 'n belowende en innoverende offisier. Hy is deur die keiser toestemming gegee om 'n lyfwagregiment (bucellarii) van swaar kavallerie te vorm, wat hy later tot 'n persoonlike huishoudelike regiment van 1 500 man sou uitbrei. Belisarius se bucellarii was die kern van al die leërs wat hy later sou lei. Hulle is gewapen met lanse, moontlik van Hunniese styl, saamgestelde boë, en swaarde, en was ten volle gepantser volgens die standaard van die katafrakte, die swaar kavallerie van die dag. Hulle was 'n veeldoelige miltêre eenheid, en was in staat om die vyand op 'n afstand met pyl en boog te skiet, soos die Hunne, of om as swaar kavallerie te veg, en die vyand met lans en swaard aan te val. Hulle het in wese die mees gevaarlike aspekte van albei van Rome se grootste vyande, die Hunne en die Gote, gekombineer.

Na Justinus se dood in 527, het die nuwe keiser, Justinianus I, Belisarius aangestel as bevelvoerder van die Romeinse leër in die Ooste, om die aanvalle van die Sassanidiese Ryk af te weer. Hy het hom vinnig bewys as 'n bekwame en doeltreffende bevelvoerder, deurdat hy die Sassanidiese oormag deur meerderwaardige strategie verslaan het. In Junie of Julie 530, tydens die Iberiese Oorlog, het hy die Romeine tot 'n verbasende oorwinning oor die Sassaniede in die slag van Dara gelei, gevolg deur 'n taktiese nederlaag by die slag van Callinikum op die Eufraat in 531, wat dalk tog 'n strategiese oorwinning was in die sin dat die Perse na hul eie grense teruggeval het. Dit het tot die onderhandeling van 'n "Ewige Vrede" met die Perse gelei, waartydens die Romeine vir die volgende jare swaar skattings in ruil vir vrede met Persië betaal het, maar daardeur hulpbronne bevry het om elders te ontplooi.

In 532 was hy die hoogste militêre offisier in die Keiserlike hoofstad van Konstantinopel toe die Nika-onluste in die stad uitgebreek het en byna tot die val van Justinianus gelei het. Belisarius het die hulp van Mundus, die magister militum van die Ilirikum, Narses, 'n eunug en generaal, en sy vriend Johannes die Armeniër gesoek. Hulle het saamgewerk om die opstand te onderdruk: hulle het die rebelle wat in die hippodroom versamel het, teenmekaar gedraai deurdat hulle een groep omgekoop het om in vrede te verdaag, en die res in 'n massaker uitgewis het. Volgens sekere skrywers is tot 30 000 mense doodgemaak.Die getal wat deur Prokopius aangegee word, Wars (Internet Medieval Sourcebook )

Veldtogte

Teen die Vandale duimnael|Kaart van die Vandaaloorlog Nadat die opstand gebreek is, is Belisarius deur Justinianus daardeur beloon dat hy bevelvoerder gemaak is van 'n ekspedisie oor land en see teen die Koninkryk van die Vandale, wat in die jare 533-534 van stapel gestuur is. Die Romeine het politieke, godsdienstige en strategiese redes gehad om so 'n veldtog te loods. Die pro-Romeinse koning Hilderic van die Vandale is afgesit en vermoor deur die troonrower Gelimer, wat vir Justinianus 'n wettige voorwendsel gegee het. Die Ariaanse Vandale het van tyd tot tyd die Niceense Christene binne hulle koninkryk vervolg, en baie van hulle het na Konstantinopel gereis om hulp te vra. Die Vandale het ook seeroweraanvalle op Romeinse handelsvennote uitgevoer, en daardeur handel in die westelike gebiede van die Ryk benadeel. Justinianus wou ook die noord-Afrikaanse area terugwen van die Vandale, aangesien dit een van die rykste provinsies was, die hoof voedselprodusent vir die Wes-Romeinse Ryk was, en nou noodsaaklik geword het om Romeinse toegang tot die westerse Middellandse See te waarborg.

In die laat somer van 533, het Belisarius na Afrika gevaar, en naby Caput Vada (naby Chebba op die kus van Tunisië) geland. Hy het beveel dat sy vloot binne sig van die leër bly, wat langs die kusweg in die rigting van die Vandale se hoofstad, Kartago, marsjeer het. Hy het dit gedoen om te verhoed dat sy voorrade afgesny kon word, en om 'n groot nederlaag te verhoed, soos die mislukte poging deur Basiliscus 65 jaar tevore, wat in 468 op die Romeinse ramp by die Slag van Bon Cap sou uitloop.

Gelimer het beplan om die Romeine in 'n lokval te omsingel, saam met 'n mag wat deur sy broer Ammatas gelei is, en 2 000 soldate onder sy neef Gibamund. Die drie aanvalle is egter nie behoorlik gekoördineer nie, sodat Ammatas en Gibamund se magte verslaan is voordat die magte van Gelimer (wat Hilderic pas tereggestel het) Belisarius op 13 September 533 tien myl voor Kartago by die Slag van Ad Decimum ontmoet het. Dit het byna in 'n Romeinse nederlaag verander; Gelimer het sy posisie goed gekies, en het 'n mate van sukses langs die hoofpad gehad. Op die hoogtepunt van die stryd het Gelimer egter op die lyk van sy broer afgekom. Dit het Belisarius 'n kans gegee om sy magte te hergroepeer, en hy het uiteindelik die stryd gewen, en Kartago ingeneem. 'n Tweede oorwinning by die Slag van Tricamarum op 15 Desember het daartoe gelei dat Gelimer aan die begin van 534 op die Berg Papoea oorgegee het, en daarmee is die Ryk se beheer oor die verlore Romeinse provinsies van noord-Afrika herstel. Vir hierdie prestasie is Belisarius 'n triomfale optog toegestaan, die laaste een in die geskiedenis, toe hy na Konstantinopel teruggekeer het. Volgens Procopius, is die buit van die Tempel van Jerusalem, insluitend baie voorwerpe wat 80 jaar tevore van Rome geplunder is, in die optog geparadeer, saam met Gelimer self, voordat hy in vreedsame ballingskap gestuur is. Medaljes is ter ere van Belisarius gestempel met die inskripsie Gloria Romanorum, maar geen voorbeelde het behoue gebly nie. Belisarius is ook alleenkonsul in 535 gemaak, en hy was ook een van die laaste persone om hierdie amp te dra, wat sy oorsprong in die antieke Romeinse Republiek gehad het. Die oorname van Afrika was egter onvolledig: weermagmuiterye en opstande deur die inheemse Berbers het die nuwe praetoriaanse prefektuur van Afrika vir byna 15 jaar geteister.

Teen die Ostrogote duimnael|Kaart van die operasies van die eerste vyf jaar van die oorlog, wat die Romeinse verowering van Italië onder Belisarius aantoon Justinianus het besluit om soveel moontlik van die Wes-Romeinse Ryk terug te wen. In 535, het hy Belisarius opdrag gegee om die Ostrogotiese Koninkryk in Italië aan te val. Belisarius het in Sicilië geland, en het die eiland oorgeneem om dit as 'n aanvalsbasis teen Italië te gebruik, terwyl Mundus Dalmasië teruggewen het. Die voorbereidings vir die inval van die Italiaanse vasteland is in 536 tydens Paasfees onderbreek, toe Belisarius na Afrika gevaar het om teen 'n opstand van die plaaslike weermag op te tree. Sy reputasie het daartoe gelei dat die rebelle die beleg van Kartago laat vaar het, en Belisarius het hulle agtervolg en by Membresa verslaan. Daarop het hy na Sicilië teruggekeer, en van daar die vasteland van Italië binnegeval, waar hy Napels in November geneem het, en Rome in Desember 536.

In 537-538 het hy Rome teen die Gote verdedig en noordwaarts beweeg om die Ostrogotiese hoofstad van Ravenna in 540 oor te neem, waar hy ook die Gotiese koning Witiges gevange geneem het. Kort voor die oorname van Ravenna, het die Ostrogote aangebied om Belisarius tot Westelike Keiser te verklaar. Belisarius het voorgegee dat hy die keiserskap aanvaar het, en met 'n comitatus van bucellarii, sy persoonlike huishoudelike regiment, deur die enigste toegangspunt in Ravenna ingegaan: 'n laagwaterbrug deur die vleie. Kort daarna het die oorname van Ravenna in die naam van Keiser Justinianus verklaar. Die Gote se aanbod het egter by Justinianus agterdog gewek, en hy het Belisarius teruggeroep. Hy het met die Gotiese skat, koning en krygers na Konstantinopel toe teruggekeer.

'n Ander rede hoekom Belisarius teruggeroep is, was om die Persiese verowering van Sirië te hanteer. Sirië was 'n belangrike provinsie van die ryk, en Belisarius het daar hernude aanvalle gestuit. Hy het die Persiese leër onder Nabades by Nisibis verslaan, maar kon nie die stad verower nie, want dit was versterk en goed deur die Perse verdedig. Hy het Sisauranon oorgeneem, 'n klein Persiese fort aan die Oostekant van Nisibis. Belisarius het Harith hierheen gestuur met 1 200 Romeinse troepe onder leiding van Johannes die Vraat en Traianus, om Assirië te plunder. Die ekspedisie het ver in die Persiese gebied binnegedring, en veel plunder buitgemaak. In die veldtog van 542 het Belisarius se teenwoordigheid net wes van die Eufraat gekeer dat Khosrow I verder voortbeweeg, en die koning het besluit om terug te trek. Belisarius is dwarsoor die Ooste geloof vir sy sukses in die verdediging teen die Perse.The Roman Eastern Frontier and the Persian Wars AD 363-628 by Geoffrey Greatrex, Samuel N. C. Lieu, bladsye 108-110

Belisarius het in 544 na Italië teruggekeer, waar hy gevind het dat die situasie baie verander het. In 541 het die Ostrogote Totila as hulle nuwe leier gekies, en het 'n kragtige veldtog teen die Romeine geloods, waardeur hulle die hele noord-Italië teruggewen het, en selfs die Romeine uit Rome uit verjaag het. Belisarius het Rome vir 'n kort ruk teruggewen, maar sy Italiaanse veldtog was uiteindelik onsuksesvol, deels as gevolg van beperkte voorrade en versterkings vanaf 'n ryk wat deur die plaag van 541-542 verswak is, maar volgens die skrywer Prokopius, het Justinianus vir hom onvoldoende voorrade gestuur omdat hy op sy welslae jaloers was. In 548-9 het Justinianus hom afgelos. In 551, na die ekonomie van die gevolge van die plaag herstel het, het die eunug Narses 'n groot leër gelei om die veldtog suksesvol te voltrek; Belisarius het afgetree uit die militêre lewe. By die Tweede Ekumeniese Raad van Konstantinopel (553), was Belisarius een van die Keiser se gesante aan Pous Vigilius in hulle twis oor Die Drie Hoofstukke. Die Patriarg Eutychius, wat in Pous Vigilius se plek die voorsitter van hierdie raad was, was die seun van een van Belisarius se generaals.

Afsetting van Pous Silverius