Die nasionale vlag van Suid-Korea (Koreaans: 대한민국의 국기; letterlik: “vlag van die Republiek Korea”), ook bekend as die Taegeukgi (of Taegukgi; Koreaans: 태극기; Hanja: 太極旗; letterlik: “taegeuk-vlag”), is op 12 Julie 1948 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n enkele reghoekige wit baan met ’n rooi-en-blou taeguk (’n simbool wat balans voorstel) in die middel en ’n trigram in elke hoek van die vlag.

Vlae soortgelyk aan die huidige Taegeukgi is as die nasionale vlag van Korea deur die Joseondinastie, die Koreaanse Keiserryk, asook die Koreaanse regering-in-ballingskap tydens die Japannese heerskap gebruik. Toe Suid-Korea op 15 Augustus 1945 sy onafhanklikheid van Japan verkry het, het dit die Taegeukgi as nasionale vlag in hergebruik geneem.

Die vlag se wit veld is ’n tradisionele kleur in die Koreaanse kultuur. Wit was in die 19de eeu ’n algemene verskynsel in die kleredrag van Koreane; dit kom steeds voor in kontemporêre weergawes van tradisionele Koreaanse kledingstukke soos die hanbok. Die kleur stel vrede en reinheid voor. Die skyf op die middel van die vlag stel harmonie in die wêreld voor. Dit is afgelei van die Yijing en Taiji, in die Weste bekend as jin en jang. Die blou helfte verteenwoordig negatiewe kosmiese kragte (jin), terwyl die rooi helfte die teenoorstaande positiewe kosmiese kragte (jang) voorstel. Die trigramme stel saam beweging en harmonie voor as grondbeginsels. Elke trigram (Hangul: 괘; Hanja: 卦 gwae) stel een van die vier klassieke elemente voor.

Geskiedenis duimnael|links| Die vroegste bestaande afbeelding van die vlag is in ’n Amerikaanse vlootboek van 1882 (Flags of Maritime Nations) gepubliseer. duimnael|links|’n Portret van Kim Il-sung en die Taegukgi in 1948. Die vlag is ook in die Noorde gebruik voor die skeiding. duimnael|links|Inhuldiging van die Suid-Koreaanse regering op 15 Augustus 1948. Die afwesigheid van ’n nasionale vlag het eers in 1876 ’n gesprekspunt in Korea geword in die tyd van die Joseondinastie. Voor 1876 het Korea geen behoefte aan ’n nasionale vlag gehad nie, terwyl die koning sy eie standaard gehad het. Die kwessie het ontstaan gedurende die onderhandelinge vir die Japannees-Koreaanse Verdrag van 1876 waar die afgevaardigde van die Japannese Keiserryk die Japannese nasionale vlag vertoon het, terwyl die Joseondinastie geen nasionale simbool gehad het om uit te beeld nie. In daardie tyd het sommige mense voorgestel dat ’n nasionale vlag geskep word, maar die Joseonregering het dit as onbelangrik en onnodig geag. Teen 1880 het die vinnige toename in buitelandse onderhandelinge gelei tot die dringende behoefte aan ’n nasionale vlag. Die gewildste voorstel is in die “Koreastrategie”-dokumente vervat en is deur Huang Zunxian, die Chinese afgevaardigde, geskryf. Dit het voorgestel dat die vlag van die Chinese Keiserryk se Qing-dinastie by dié van die Koreaanse Joseondinastie geïnkorporeer word. In reaksie op die Chinese voorstel het die Koreaanse regering Lee Young-Sook gestuur om die skema met Li Hongzhang, die Chinese staatsman en diplomaat, te bespreek. Li het met sommige elemente van Huang se voorstel saamgestem met die aanvaarding dat Korea veranderinge sou aanbring. Die Qing-regering het Li se gevolgtrekking bekragtig, maar dit is onbekend hoe entoesiasties die Joseonregering oor hierdie voorstel was.

Die kwessie is vir ’n tydperk nie nagevolg nie, maar het weer ter sprake gekom tydens die onderhandeling van die Verenigde State–Koreaverdrag van 1882, ook bekend as die Shufeldtverdrag. Die Amerikaanse gesant Robert Wilson Shufeldt het voorgestel dat Korea ’n nasionale vlag in gebruik neem om sy soewereiniteit te verteenwoordig. Die koning van Joseon, Gojong, het die regeringsbeamptes Sin Heon en Kim Hong-jip opdrag gegee vir die ontwerp van ’n nuwe vlag. Kim Hong-jip het op sy beurt die afgevaardigde Lee Eung-jun gevra om die eerste ontwerp te doen, wat Lee Eung-jun aan die Chinese beampte Ma Jianzhong gewys het. Ma Jianzhong was gekant teen Huang Zunxian se voorstel, dat Korea die vlag van die Qing-dinastie in gebruik neem en het ’n veranderde draak-vlag voorgestel. Gojong het dié voorstel verwerp. Ma het Lee Eung-jun se Taegeuk en die Agt-trigramme-vlag voorgestel. Kim en Ma het veranderinge daaraan voorgestel: Kim het voorgestel om die rooi in blou en wit te verander; Ma het ’n wit veld voorgestel, ’n rooi en swart taegeuk, trigramme in swart en ’n rooi fraiing. Daar word soms beweer dat Kim en Ma veranderinge daaraan voorgestel het op 27 Mei 1882 (volgens Maandatum 11 April): Kim het voorgestel om die rooi na blou en wit te verander; Ma het ’n wit veld, ’n rooi en swart taegeuk, trigramme in swart en ’n rooi fraiing voorgestel. Maar aangesien die Taguk-vlag tydens die ondertekening van die Joseon–Verenigde State Verdrag van 1882 op 22 Mei 1882 reeds gebruik is, was die Taeguk-vlagontwerp reeds gevestig en gebruik voor Ma se voorstel. In September 1882 het Park Yeong-hyo ’n skaalmodel van Lee Eung-jun se taegukgi aan die Joseonregering voorgestel, wat geskep is in samewerking met Kim Man-sik, Soh Kwang-pom en ander met advies deur die Britse konsul William George Aston en die Britse kaptein James, en Gojong het dié ontwerp later goedgekeur. In 1882 het Park Yeong-hyo die eerste persoon geword om die taegukgi te gebruik. Die uitgawe op 2 Oktober 1882 van die Japannese koerant Jiji shimpō het na Gojong as die ontwerper van die taegukgi verwys (d.w.s. ’n vlag met ’n rooi en blou taegeuk en vier trigramme). Op 27 Januarie 1883 het die Joseonregering die taegukgi amptelik as die nasionale vlag goedgekeur.

In 1919 is ’n vlag soortgelyk aan die huidige Suid-Koreaanse vlag deur die voorlopige Koreaanse regering-in-ballingskap wat in China gebaseer was, gebruik. Die taeguk en taegukgi het kragtige onafhanklikheidssimbole geword tydens die sowat 1 500 betogings in die koloniale tydperk.

Ná die herstel van Koreaanse onafhanklikheid in 1945 is die Taegukgi-ontwerp weer algemeen gebruik. Dit het in gebruik gebly nadat die suidelike deel van Korea onder invloed van die Verenigde State ’n demokratiese republiek geword het; dit is tewens in die Volksrepubliek Korea gebruik. Die Amerikaanse Leër se Militêre Regering het op 14 Januarie 1946 die Taegukgi saam met die vlag van die Verenigde State begin gebruik. Op 12 Julie 1948 het die Grondwetgewende Nasionale Vergadering die Taegukgi amptelik as nasionale vlag goedgekeur. Ná die stigting van die Suid-Koreaanse staat in Augustus 1948 het die eerste Republiek Suid-Korea in Januarie 1949 die Nasionale Vlagregstellingskomitee gestig om die moderne standardisasie van die Taegukgi te bepaal. Op 15 Oktober 1949 het die Ministerie van Onderwys en Kultuur die Nasionale Vlagproduksiewet afgekondig.

Die noordelike deel van Korea het ook die Taegukgi gebruik, selfs ná die Koreaanse verdeling in 1945. Dit is gebruik tot die goedkeuring van die nuwe ontwerp in September 1948.

In Februarie 1984 is die presiese dimensionele spesifikasies van die vlag op skrif gestel. Op 15 Oktober 1997 is die presiese kleure van die vlag deur middel van ’n presidensiële dekreet gespesifiseer.

Simboliek

duimnael|Wapperende vlag van Suid-Korea Die vlag se wit veld is ’n tradisionele kleur in die Koreaanse kultuur. Wit was in die 19de eeu ’n algemene verskynsel in die kleredrag van Koreane; dit kom steeds voor in kontemporêre weergawes van tradisionele Koreaanse kledingstukke soos die hanbok. Die kleur stel vrede en reinheid voor.

Die skyf in die middel van die vlag stel harmonie in die wêreld voor. Dit is afgelei van die Yijing en Taiji, in die Weste bekend as jin en jang. Die blou helfte verteenwoordig negatiewe kosmiese kragte (jin), terwyl die rooi helfte die teenoorstaande positiewe kosmiese kragte (jang) voorstel.

Die trigramme stel saam beweging en harmonie voor as grondbeginsels. Elke trigram (Hangul: 괘; Hanja: 卦 gwae) stel een van die vier klassieke elemente voor, soos hieronder uiteengesit:

Trigram Koreaanse naam Hemelliggaam Seisoen Rigting Deug Familie Natuurlike element Betekenis Sosiale struktuur 56pxgeon(건; 乾)hemel(천; 天)lente(하; 夏)suide(남; 南)wysheid(인; 仁)vader(부; 父)lug(천; 天)geregtigheid(정의; 正義)Die sterkes bly saam. 56pxgon(곤; 坤)aarde(지; 地)winter(동; 冬)noorde(북; 北)geregtigheid(의; 義)moeder(모; 母)grond(토; 土)lewenskragtigheid(생명력; 生命力)Die swakkes bly saam. 56pxri(리; 離)son(일; 日)lente(춘; 春)ooste(동; 東)hoflikheid(례; 禮)dogter(녀; 女)vuur(화; 火)vervulling(결실; 結實)Die sterkes beskerm die swakkes. 56pxgam(감; 坎)maan(월; 月)herfs(추; 秋)weste(서; 西)intelligensie(지; 智)seun(자; 子)water(수; 水)wysheid(지혜; 智慧)Die swakkes beskerm die sterkes.

S56px56pxWO56px56pxN

Rol in kontemporêre Suid-Koreaanse samelewing duimnael|’n Reuse Suid-Koreaanse vlag tydens ’n sokkerwedstryd teen Haïti duimnael|’n Straat versier met ’n reeks Suid-Koreaanse vlae op Koreaanse bevrydingsdag Die naam van die Suid-Koreaanse vlag is ook gebruik as die naam van ’n Suid-Koreaanse rolprent oor die Korea-oorlog, Tae Guk Gi, in 2004.

’n Taegukgi met die bewoording 不遠復 (letterlik: “[Ons sal] binnekort herstel”) het in die 2011-rolprent My Way verskyn.

’n Taegukgi met die bewoording 大韓獨立 (letterlik: “Die onafhanklikheid van Groter Korea”) het in die verhoogmusiekblyspel Hero verskyn.

Volgens waarnemers soos The Times Literary Supplement se Colin Marshall en die Korea-student Brian Reynolds Myers word die Suid-Koreaanse vlag gebruik om, in die konteks van die land se samelewing, as ’n etniese vlag gebruik wat ’n groter nasionalistiese idee van ’n “Koreaanse ras” voor te stel, eerder as om bloot ’n simbool van die Suid-Koreaanse nasiestaat self te wees, soos dit nasionale vlae in die buiteland doen. Geargiveer by Ghostarchive en die Wayback Machine Myers voer aan dat: “Wanneer die gewone [Suid-Koreaanse] man die [Suid-Koreaanse] vlag sien, voel hy broederskap met [etniese] Koreane regoor die wêreld.” Myers het ook in ’n 2011-proefskrif verklaar dat: “Te oordeel aan die jin-yang-vlag se universele gewildheid in Suid-Korea, selfs onder diegene wat die legitimiteit van die Republiek Korea ontken, roep dit klaarblyklik die [Koreaanse] ras eerste op en die [Suid-Koreaanse] staat tweede.”

Ontheiliging Die Suid-Koreaanse vlag verteenwoordig volgens ’n groot deel van die landsburgers die “Koreaanse ras” eerder as slegs die Suid-Koreaanse staat; gevolglik is vlagontheiliging deur die land se burgers seldsaam in vergelyking met ander lande, waar burgers hul eie landsvlae mag ontheilig vir politieke uitsprake. Dus sal daardie Suid-Koreaanse burgers wat teen die staat se optrede of selfs sy bestaan gekant is, steeds hul nasionale vlag met eerbied en respek behandel: “Daar is dus niks van ’n parodiërende of doelbewuste ontheiliging van die staatsvlag te vinde wat mens in die teenkulture van ander lande teëkom nie.”

Ongeag die voorkoms (al dan nie), straf die Suid-Koreaanse Strafwet ontheiliging van die Suid-Koreaanse nasionale vlag op verskillende maniere: Artikel 105 lê tot vyf jaar tronkstraf, regontneming van tot tien jaar, of ’n boete van tot sewe miljoen Suid-Koreaanse won op vir die beskadiging, verwydering of besoedeling van ’n Suid-Koreaanse vlag of embleem met die doel om die Suid-Koreaanse staat te beledig. Artikel 5 maak hierdie misdaad strafbaar, al is dit deur buitelanders buite Suid-Korea gepleeg. Artikel 106 lê tot een jaar tronkstraf, regontneming van tot vyf jaar, of ’n boete van tot twee miljoen Suid-Koreaanse won op vir die lasterlike gebruik van ’n Suid-Koreaanse vlag of embleem met die doel om die Suid-Koreaanse staat te beledig. Artikel 5 maak hierdie misdaad strafbaar, al is dit deur buitelanders buite Suid-Korea gepleeg.

Suid-Korea straf nie net die ontheiliging van die Suid-Koreaanse vlag nie, maar ook dié van ander lande se vlae: