Ribitol of adonitol is 'n kristallyne pentose alkohol (C5H12O5) wat gevorm word deur die reduksie van ribose. Dit kom natuurlik in die plant Adonis vernalis voor, sowel as in die selwande van sekere gram-positiewe bakterieë, in die vorm van ribitolfosfaat, in teichoïese sure. Dit vorm ook deel van die chemiese struktuur van riboflavien en flavienmononukleotied (FMN), 'n nukleotiedkoënsiem wat deur die sogenaamde flavoproteïne gebruik word.

Verwysings

Eksterne skakels GMD MS Spektrum Veiligheids data Biologiese Magnetiese Resonansie Data Bank

Kategorie:Koolhidrate