Die Lomatirivier of Mlumati vloei in Mpumalanga en Eswatini. Die rivier ontspring suid van Barberton in Mpumalanga, en vloei ook vir 'n kort entjie deur die noordweste van Eswatini. Hierna vloei dit in die Driekoppiesdam in Suid-Afrika in om verder noord en oos te draai, verby verskeie nedersettings in Mpumalanga. Uiteindelik mond die rivier uit in die Komatirivier op pad na Mosambiek en die Indiese Oseaan.

Oorsprong

Monding in Mpumalanga

Vislewe Die Laeveld-kurper (Serranochromis meridianus) kom in die rivier voor.

Kategorie:Mpumalanga Kategorie:Riviere in Mpumalanga Kategorie:Riviere in Eswatini