Die Northrop P-61 Black Widow is 'n Amerikaanse vegvliegtuig wat tydens die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen het. Dit is die eerste vliegtuig wat uitsluitlik as 'n nagvegter ontwerp is. Die ontwerp is soortgelyk aan die Lockheed P-38 Lightning. Die vliegtuig is ontwerp om aan 'n spesifikasie te voldoen wat in Oktober 1940 uitgereik is. Dit het nuwe RADAR toerusting in die neus gedra wat die bemanning toegelaat het om teikens in die nag te vind en aan te val. Die XP-61 het sy nooiensvlug in 1942 voltooi en aflewering van die vliegtuig het in laat 1943 begin nadat tegniese probleme met die vliegtuig self en die radar opgelos moes word.

Die Black Widow het sy eerste operasionele vlug in Julie 1944 in Europa voltooi en vernietig vier Duitse bomwerpers. Hulle het ook nege V-1 vlieënde bomme vernietig. In die Stille Oseaan-oorlog het die Black Widow sy eerste sukses behaal op die nag van 6/7 Julie 1944. Soos die Black Widow's beskikbaar geword het, het hulle die Douglas P-70's vervang.

Aanvanklik was daar masjiengewere onder die neus en ook in die dorsale afstandbeheerde skiettoring agter die kajuit. As gevolg van probleme is daar weggedoen met die skiettoring by die A-model. Die B-model was egter 20,3 cm langer en die skiettoring is weer benut. Die B-model kon ook vier 726 kg bomme of 1 136 liter weggooibare brandstoftenks dra. Daar was 450 B-modelle gebou. Nadat terugvoering oor die P-61's se gevegsvermoeëns verkry is, is die P-61C ontwikkel. Dit was aangedryf deur twee turboaangejaagde R-2800-73 motors wat 'n noodvermoë gehad het van 2 800 perdekrag. Die opstygmassa van dié vliegtuig was 18 144 kg en dit het 'n minimum aanloopbaanlengte van 4,8 km vereis.

'n Paar Black Widow's het tot in 1950 in die Amerikaanse Lugmag diens gedoen.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Northrop P-61B Black Widow: Item Statistiek Aantal motors2 Tipe motorSkroef VervaardigerPratt & Whitney R-2800-65 Double Wasp18-silinder dubbelry stermotor Kraglewering per motor2 000 perdekrag Vlerkspan20,11 m Lengte15,11 m Hoogte4,47 m Vlerkoppervlakte61,53 m2 Normale opstygmassa16 420 kg Maksimum snelheid589 km/h Operasionele hoogte10 060 m Togafstand2 172 km Klimvermoë 637 m per minuutBewapeningVier 12,7 mm masjiengewere in boonste skiettoringvier 20 mm kanonne in die onderkantplus 2905 kg bomme

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog