Die Macchi C.200 Saetta was 'n Italiaanse vegvliegtuig wat tydens die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen het. Dit was een van die hoofvegvliegtuie van die Regia Aeronautical waarmee Italië die oorlog begin het. Die vliegtuig is ontwikkel na aanleiding van 'n spesifikasie vir 'n enkelsitplekvegvliegtuig deur die Italiaanse Lugmag.
Die doelwit was om die hele Italiaanse Lugmag van vooraf toe te rus met beter vliegtuie nadat die Italiaanse militêre bedrywighede in Oos-Afrika tot 'n einde gekom het. Die prototipe het sy nooiensvlug op 24 Desember 1937 onderneem en teen die tyd dat Italië sy toetrede tot die Tweede Wêreldoorlog in Junie 1940 maak, was daar reeds 156 van die vliegtuie in diens. Die vliegtuig se eerste aksie was teen die Britte by Malta en het ook aksie beleef in Griekeland, Noord-Afrika, Joego-Slawië en die Sowjetunie.
Die Saetta het ook teen Amerikaanse magte in Noord-Afrika geveg en ook ter verdediging van Italië self. Daar was 1 151 van die vliegtuie gebou.
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Macchi M.C.202: Item Statistiek Aantal motore 1 Tipe motor Skroef Vervaardiger FIAT A.74 RC38 dubbelry, 14-silinder stermotor Kraglewering per motor 870 perdekrag Vlerkspan 10,58 m Lengte 8,19 m Hoogte 3,5 m Vlerkoppervlakte 16,8 m2 Maks. opstygmassa 2 590 kg Maks. snelheid 502 km/h Operasionele hoogte 8 900 m Togafstand 870 km Klimvermoë 3 000 m in 3 minute en 24 sekondes Bewapening Twee 12,7 mm gesinchroniseerde masjiengewere
Sien ook Lys van vegvliegtuie
Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.
Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog