Die Martinsyde F.4 Buzzard is 'n dubbeldekker Britse vegvliegtuig wat laat in die Eerste Wêreldoorlog in diens gestel is. Dit was die hoogtepunt van die Martinsyde F-reeks-vliegtuigontwikkeling. Die vliegtuig het sy nooiensvlug in Mei 1918 onderneem. Die F.4 was ontwikkel uit die Martinsyde F.3, 'n prototipe wat volledig getoets was en selfs ontplooi is vir moederland verdediging deur die Royal Flying Corps, voorloper van die Britse Lugmag. Nadat die F.4 getoets was deur die Britse Lugmag, was vliegtuig se hantering en vermoë so hoog geag dat 'n groot bestelling onmiddellik geplaas was vir 1450 eenhede. Die enjins se aflewering was egter vertraag en slegs 'n paar van die F.4 is afgelewer toe die oorlog tot 'n einde gekom het. Die res van die bestelling was gekanselleer. Op daardie stadium het Martinsyde 370 eenhede voltooi maar as gevolg van die vliegtuig se vermoë is hulle verkoop aan Spanje, Ierland, Japan, Letland, Sowjetunie, Portugal en Finland. In laasgenoemde is die vliegtuig vir opleiding gebruik tot in 1939.
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Martinsyde F.4 Buzzard: Item Statistiek Aantal motore 1 Tipe motor Skroef Vervaardiger Hispano-Suiza V-8 suiermotor Kraglewering per motor 300 perdekrag Vlerkspan 9,99 m Lengte 7,77 m Hoogte 3,15 m Vlerkoppervlakte 29,73 m2 Maks. opstygmassa 1 038 kg Maks. snelheid 233 km/h Operasionele hoogte 7 620 m Togafstand 2 uur, 30 minute Klimvermoë 3 050 m in 7 minute en 54 sekondes Bewapening Twee 7,7 mm gesinchroniseerde masjiengewere
Sien ook Lys van vegvliegtuie
Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.
Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Eerste Wêreldoorlog