__NOTOC__
Die Kaaprivier (die Umlambongwane in SwaziHistory, Mountainlands Nature Reserve) is 'n regtersytak van die Krokodilrivier in oostelike Mpumalanga, Suid-Afrika. Die rivier se bolope dreineer die breë De Kaapvallei tussen Barberton en Nelspruit. Die opvangsgebied word begrens deur die Drakensberg in die weste, die Makhonjwaberge aan die suidekant en die Krokodilpoortsberge aan die noordekant. Tussen Baviaanskop en die gehug van Noordkaap word die rivier deur die samevloeiing van die Noord- en Suidkaapriviere gevorm. Geleë op die platorand bo die vallei is Kaapsehoop, wat daarna vernoem is. Die Pride-of-De-Kaap, 'n kleurryke inheemse struik is ook na die vallei vernoem.Bauhinia galpinii, Sanbi duimnael|300px|links|Die rivier en sy bolope, aangedui in 'n kaart van 1895. Die grens met Eswatini word in kleur aangedui.
Die inwonende Pedi-mense van die vallei is tydens die mfecane deur die Swazi's aangeval en verdryf, sodat hulle noordwaarts uitgewyk het.
Takriviere Noordkaaprivier Queensrivier Suidkaaprivier Fig Tree Creek Honeybird Creek
Samevloei
Monding
Verwysings
Kategorie:Krokodilrivier (Mpumalanga) Kategorie:Mpumalanga