Arabinoxilaan is 'n hemisellulose wat in beide die primêre en sekondêre selwande van plante voorkom, byvoorbeeld in houtweefsel en graanvesel. Dit bestaan uit kopolimere van twee pentose suikers: arabinose en xilose.
Struktuur Arabinoxilaankettings bevat 'n groot aantal 1,4-gekoppelde xilose eenhede. Baie xilose eenhede is met 2, 3, of 2,3-gekoppelde arabinoseresidue.
Funksies Arabinoxilane speel hoofsaaklik 'n strukturele rol in plantselle.Wakabayashi K, et al (2005). Physiologia Plantarum. 125:127–134 Hulle is ook die reservoirs van groot hoeveelhede van ferulasuur en ander fenoliese sure wat kovalent aan hulle gekoppel is. Fenoliese sure kan ook betrokke wees in die verdedigingsmeganismes van die plant, byvoorbeeld in die beskerming teen patogene swamme.
Arabinoxilane is van die belangrikste komponente van oplosbare en onoplosbare dieetvesel. As gevolg van die fenoliese sure wat aan hulle gebind is, het arabinoxilane ook 'n noemenswaardige antioksidantkapasiteit. Hulle vermoë om as ioonuitruilers op te tree, sowel as hulle viskositeit in oplossing dra ook by tot hulle voordelige metaboliese aktiwiteit.
Verwysings
Kategorie:Koolhidrate