Die Morane-Saulnier N was 'n monovlerk Franse vegvliegtuig wat tydens die Eerste Wêreldoorlog diens gedoen het. Dit was die eerste Franse vegvliegtuig. Die vliegtuig staan ook bekend as die Morane-Saulnier Type N. Die Britse Lugmag het ook die vliegtuig gebruik omrede hulle 'n tekort aan verkenningsvliegtuie gehad het. Die beroemde Franse vlieënier Roland Garros het die eerste prototipe gevlieg in Julie 1914.
Daar was 'n groot keëlvormige dop vooraan die enjin waaraan die skroef gekoppel was. Die doel van die dop was om die vliegtuig meer vaartbelyn te maak maar dit het veroorsaak dat die vliegtuig oorverhit het. Nadat die dop verwyder is het die oorverhittingsprobleem verdwyn.
Die vliegtuig was toegerus met 'n masjiengeweer wat bo-op die romp, voor die vlieënier gemonteer was. Dit was nie gesinchroniseer nie, omrede die tegnologie nog nie beskikbaar was nie. Die skroef was toegerus met koeëldeflekteerplate. Die oplossing was nie perfek nie, koeëls kon reflekteer of die skroef kon verswak word.
Die vliegtuig het 'n hoë landingspoed gehad vir sy tyd en was 'n moeilike vliegtuig om te vlieg. Dit was minder gewild as die Morane-Saulnier L. Dit het ook nie goed gevaar teen die Fokker Eindecker nie en slegs 49 is in 1917 gebou.
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Morane-Saulnier N: Item Statistiek Aantal motore 1 Tipe motor Skroef Vervaardiger Le Rhône 9C suierenjin Kraglewering per motor 110 perdekrag Vlerkspan 8,3 m Lengte 6,7 m Hoogte 2,5 m Vlerkoppervlakte 11,0 m2 Maks. opstygmassa 444 kg Maks. snelheid 165 km/h Operasionele hoogte 4 000 m Togafstand 225 km Klimvermoë 250 m per minuut Bewapening Een 7.7 mm of 8 mm masjiengeweer agter skroef
Sien ook Lys van vegvliegtuie
Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.
Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Eerste Wêreldoorlog