John Henry Heuland (21 Maart 1778, Bayreuth - 16 November 1856, Hastings) was 'n Duitsgebore (Johann Heinrich) Engelse mineraloog en handelaar. Hy was 'n Genoot van die Geologiese Vereniging van Londen. Sy versameling word gehou deur die Natuur Historiese Museum in Londen.
In 1804 het hy mineraalmonsters in Lissabon gekoop. Hy het daarna deur Frankryk, Duitsland, Swede en Rusland gereis en minerale versamel en gekoop. Rondom die jaar 1806 het hy minerale bekom wat tussen die jare 1766 en 1806 deur sy oom Adolarius Jacob Forster in Europa versamel is.
Sy oom se besigheid het later die Londense besigheid Heuland geword. Armand Levy het sy mineraalversameling gekategoriseer. Note: 3 vols., with atlas of plates. Die mineraal heulandite is na hom vernoem. Hy het ook 'n twyfelagtige rol in die ontdekking van Palladium gespeel.
Verwysings
Bronne
Kategorie:Britse wetenskaplikes Kategorie:Duitse wetenskaplikes Kategorie:Mineraloë Kategorie:Geboortes in 1778 Kategorie:Sterftes in 1856