Pecorino is ’n groep harde Italiaanse kase wat van ooimelk gemaak word. Die naam kom van die Italiaanse woord pecora, "skaap".pecorino, n. OED Online. Desember 2013. Oxford University Press. Accessed 7 Januarie 2014. Dit is lekker saam met enige wyn.South Africa Outdoors, Alles oor kaas

Van die ses hoofvariëteite, wat almal deur wetgewing van die Europese Unie beskerm word, is pecorino romano moontlik die bekendste buite Italië.Export statistics from the producers’ consortium Die meeste kase word op die eiland Sardinië vervaardig, hoewel dit ook in Lazio en die Toskaanse provinsies Grosseto en Siena (hier veral in Pienza) gemaak mag word. Antieke Romeinse skrywers het reeds oor die kaas en die vervaardigingstegniek geskryf.Italian Pecorino and Ancient Roman

Die vyf ander beskermde beleë kase is pecorino sardo, pecorino toscano (wat Plinius die ouere reeds in sy Natuurgeskiedenis genoem het),Pecorino Toscano Consortium for the Protection of Tuscan Pecorino () pecorino siciliano, pecorino di filiano en pecorino crotonese.

Style Al die kase word in ’n verskeidenheid style gemaak wat afhang van hoe lank hulle verouder het. Die meer beleë kase word stagionato genoem en is harder, maar steeds krummelrig; hulle het botterige en neuterige smake. Die twee ander soorte, semi-stagionato en fresco, het ’n sagter tekstuur en matiger smaak.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Italiaanse kaas Kategorie:Skaapmelkkaas