Die Konsert vir drie klaviere en orkes in F-majeur, nr. 7, K. 242 is een van drie klavierkonserte wat Wolfgang Amadeus Mozart in 1776 op die ouderdom van 20 gekomponeer het. Die oorspronklike weergawe, wat in Februarie 1776 voltooi is, is vir drie klaviere geskryf. Hy het dit in 1780 in Salzburg egter vir twee klaviere herskryf, en dit is gewoonlik hierdie nuwer weergawe wat vandag opgevoer word.
Die konsert word "Lodron" genoem omdat dit in opdrag van grafin Antonia Lodron vir haar en haar twee dogters, Aloysia en Giuseppa, geskryf is.
Die partituur is geskryf vir drie soloklaviere, twee hobo's, twee natuurhorings, en strykinstrumente.
Die konsert bestaan uit drie bewegings:
Allegro Adagio Rondo: Tempo di minuetto
Cuthbert Girdlestone bespreek hierdie konsert in sy Mozart and his Piano Concertos. Hy vergelyk een van die temas uit die stadige beweging met soortgelyke temas wat in latere konserte in 'n meer ontwikkelde vorm verskyn – veral Klavierkonsert nr. 25.
Bronne Girdlestone, Cuthbert. Mozart and his Piano Concertos. 2nd uitgawe. 1952: Norman, University of Oklahoma Press. Heruitgegee deur Dover Publications, 1964, .
Sien ook Lys van klavierkonserte van Wolfgang Amadeus Mozart
Eksterne skakels
ArtikelAlfred Einstein se Mozart: His Character, His Work word aangehaal. Einstein bespreek die werk kortliks – twee lyne uit twee bladsye – en hy verwerp dit as een van Mozart se mindere konserte met klavier.
05 Kategorie:Komposisies in F-majeur Kategorie:Komposisies uit 1776 Kategorie:Komposisies uit 1780