duimnael|’n Houer met vitamien B-pille.

’n Vitamien is ’n organiese verbinding en ’n noodsaaklike voedingstof wat ’n organisme in beperkte hoeveelhede nodig het. ’n Organies-chemiese verbinding (of ’n verwante groep verbindings) word ’n vitamien genoem wanneer die organisme self nie die verbinding in genoegsame hoeveelhede kan vervaardig nie en dit deur sy dieet moet inneem. Die term "vitamien" hang af van die omstandighede van die spesifieke organisme. Askorbiensuur, ’n vorm van vitamien C, is byvoorbeeld ’n vitamien vir mense, maar nie vir die meeste ander soorte diere nie. Vitamien D is noodsaaklik vir mense wie se vel nie genoeg aan die son blootgestel word nie, want ultravioletlig help met sintese in die vel se selle. Vitamienaanvullings is belangrik vir die behandeling van sekere gesondheidsprobleme, maar daar is min bewyse van die voordele daarvan vir andersins gesonde mense.

Die term "vitamien" sluit gewoonlik nie ander essensiële voedingstowwe soos minerale, essensiële vetsure en essensiële aminosure in nie. Op die oomblik word 13 vitamiene algemeen erken. Hulle word volgens biologiese en chemiese aktiwiteit geklassifiseer en nie volgens struktuur nie. Elke vitamien verwys dus na ’n aantal verbindings wat almal ’n sekere biologiese aktiwiteit het wat met daardie vitamien verbind word. Sulke groepe chemikalieë word groepeer onder ’n beskrywing van een letter, soos vitamien A, wat die verbindings retinal, retinol en vier bekende karotenoïede insluit.

Werking Vitamiene het uiteenlopende biochemiese werkinge. Sommige, soos vitamin D, het hormoontipe funksies as reguleerders van minerale metabolisme, of van sel- en weefselgroei of differensiasie (soos sommige vorme van vitamien A). Ander dien as antioksidante (byvoorbeeld vitamien E en soms vitamien C). Die grootste groep vitamiene, die B-kompleks, dien as ko-ensieme; laasgenoemde help ensieme in hul werk as katalisators in metabolisme.

Voor die middel 1930's is vitamiene slegs deur voedselinname verkry; veranderings in dieet, soos met seisoenveranderings, het die inname van vitamiene grootliks beïnvloed. Sedertdien word vitamiene vervaardig en is hulle goedkoop as aanvullers beskikbaar. Die bestudering van strukturele aktiwiteit, funksies en hul rol in die handhawing van goeie gesondheid word vitaminologie genoem.

Lys vitamiene Elke vitamien word gewoonlik ’n verskeie reaksies gebruik en moet dus verskeie funksies hê.Kutsky, R.J. (1973). Handbook of Vitamins and Hormones. New York: Van Nostrand Reinhold,

VitamienChemiese naamOplos-baarheidAanbevole daaglikse inname (VSA; mans 19-70)Dietary Reference Intakes: Vitamins. The National Academies, 2001. Siekte weens tekort Maksimum daaglikse inname Siekte weens oordosis Voedselbronne Vitamien A Retinol, retinal en vier karotenoïede insluitende betakaroteen Vet 900 µg Nagblindheid, hiperkeratose en keratomalasie 3 000 µg Hipervitaminose A Lewer, lemoene, ryp geel vrugte, blaargroentes, wortels, pampoen, skorsies, spinasie, vis, sojamelk, melk Vitamien B1 Tiamien Water 1,2 mg Beriberi, Wernicke-Korsakoff-sindroom NVT Duiseligheid of spierontspanning met groot dosisse. Varkvleis, hawermeel, bruinrys, groente, aartappels, lewer, eiers Vitamien B2 Riboflavien Water 1,3 mg Ariboflavinose, glossitis, stomatitis NVT Suiwelprodukte, piesangs, springmielies, groenbone, aspersies Vitamien B3 Niasien, niasienamied, niasienamiedribosied Water 16 mg Pellagra 35 mg Lewerskade (dosisse ) Vleis, vis, eiers, baie groentes, sampioene, boomneute Vitamien B5 Pantoteensuur Water 5 mgPlain type indicates Adequate Intakes (A/I). "The AI is believed to cover the needs of all individuals, but a lack of data prevent being able to specify with confidence the percentage of individuals covered by this intake" (see Dietary Reference Intakes: Vitamins . The National Academies, 2001). Parestesie NVT Diarree; moontlike naarheid en sooibrand.Vleis, broccoli, avokado's Vitamien B6 Piridoksien, piridoksamien, piridoksaal Water 1,3–1,7 mg BloedarmoedeVitamin and Mineral Supplement Fact Sheets Vitamin B6 . Dietary-supplements.info.nih.gov (15 September 2011). Verkry op 2013-08-03. periferale neuropatie 100 mg Verswakking van propriosepsie, senuskade (dosisse ) Vleis, groente, boomneute, piesangs Vitamien B7 Biotien Water 30 µg Dermatitis, enteritis NVT Rou eiergeel, lewer, grondbone, groen blaargroentes Vitamien B9 Folaat Water 400 µg Megaloblastiese bloedarmoede; geboortedefekte 1 000 µg Kan simptome van vitamien B12-tekort verberg. Blaargroentes, pasta, brood, ontbytkos, lewer Vitamien B12 Sianokobalamien, hidroksokobalamien, metielkobalamien, adenosilkobalamien Water 2,4 µg Verderflike anemieVitamin and Mineral Supplement Fact Sheets Vitamin B12 . Dietary-supplements.info.nih.gov (24 Junie 2011). Verkry op 2013-08-03. NVT Aknee-agtige uitslag. Vleis, pluimvee, vis, eiers, melk Vitamien C Askorbiensuur Water 90 mg Skeurbuik 2 000 mg Vitamien C-megadosering Baie vrugte en groentes, lewerVitamien D Kolekalsiferol (D3), ergokalsiferol (D2) Vet 10 µgWaarde toon voorgestelde inname sonder genoegsame sonligblootstelling (sien Dietary Reference Intakes: Vitamins . The National Academies, 2001). Ragitis en osteomalasie 50 µg Hipervitaminose DVis, eiers, lewer, sampioene Vitamien E Tokoferole en tokotrinole Vet 15 mg Tekort baie seldsaam; onvrugbaarheid, steriliteit, miskrame The Merck Manual: Nutritional Disorders: Vitamin Introduction Please select specific vitamins from the list at the top of the page. 1 000 mg Seldsaam Baie vrugte en groente, neute en sade Vitamien K Fillokinoon, menakinone Vet 120 µg Bloeiende diatese NVT Toename in bloedstolling by mense wat warfarien gebruik. Groen blaargroentes soos spinasie, eiergeel, lewer

Uitwerking op gesondheid Vitamiene is noodsaaklik vir die normale groei en ontwikkeling van ’n meersellige organisme. Deur die genetiese bloudruk te gebruik wat hy van sy ouers geërf het, begin ’n fetus ontwikkel danksy die voedingstowwe wat dit inneem. Dit het op sekere tye bepaalde vitamiene en minerale nodig. Dié stowwe help met die chemiese reaksies wat onder meer die vel, been en spiere vervaardig. As daar ernstige tekorte in een of meer van hierdie voedingstowwe is, kan ’n kind ’n gebreksiekte ontwikkel. Selfs klein tekorte kan permanente skade veroorsaak.Gavrilov, Leonid A. (10 Februarie 2003) Pieces of the Puzzle: Aging Research Today and Tomorrow. fightaging.org

Vitamiene word meestal deur voedsel ingeneem, maar ’n paar op ander maniere. Mikro-organismes in die ingewande – wat algemeen as "dermflora" bekend is – vervaardig vitamien K en biotien, terwyl een vorm van vitamien D in die vel vervaardig word met die hulp van natuurlike ultravioletstrale van die son af.

Nadat groei en ontwikkeling voltooi is, bly vitamiene noodsaaklike voedingstowwe vir die gesonde instandhouding van selle, weefsel en organe van meersellige organismes; hulle stel ook ’n meersellige lewensvorm in staat om chemiese energie doeltreffend te gebruik wat deur kos verskaf word, en help om die proteïene, koolhidrate en vette te prosesseer wat nodig is vir selasemhaling.

Aanvullings Daar is min getuienis dat aanvullings vir organismes wat andersins gesond is, enige voordeel inhou wat kanker en hartvatsiektes betref. Aanvullings van vitamiene A en E het nie net geen voordele vir algemeen gesonde individue nie, maar kan mortaliteit verhoog. Die twee groot studies wat hierdie gevolgtrekking steun, het egter rokers ingesluit, terwyl dit reeds bekend was dat betakaroteen-aanvulling nadelig is vir rokers. Ander studies het bevind vitamien E-giftigheid is beperk tot ’n spesifieke vorm wanneer te veel daarvan ingeneem word.

Lande en organisasies het dikwels regulasies wat perke stel op vitamien- en mineraaldosisse as aanvullings. Die meeste vitamiene wat as dieetaanvullings verkoop word, mag nie ’n maksimum daaglikse dosis oorskry nie.S. Getman (March 2011). EU Regulations on food supplements, health foods, herbal medicines. US Commercial Service. Besoek in Februarie 2014.Schweizerische Eidgenossenschaft. Bundesrecht 817.022.104. Verordnung des EDI über Speziallebensmittel vom 23. Nov. 2005 Art. 22 Nahrungsergänzungsmittel

Dieetaanvullings bevat dikwels vitamiene, maar kan ook ander bestanddele soos minerale, kruie en ander plantmateriaal hê. Daar is wetenskaplike bewyse dat dieetaanvullings voordele inhou vir mense met sekere gesondheidstoestande.Use and Safety of Dietary Supplements NIH office of Dietary Supplements. In sommige gevalle kan vitamienaanvullings egter ’n ongewenste uitwerking hê, veral as dit ingeneem word voor ’n operasie, saam met ander dieetaanvullings of medisyne of deur mense met sekere gesondheidstoestande. Hulle kan ook dosisse bevat wat baie hoër is of ander vorme het as dit wat deur kos ingekry word.Higdon, Jane (2011)Vitamin E recommendations at Linus Pauling Institute's Micronutrient Information Center

Uitwerking van gaarmaakmetodes Die Amerikaanse departement van landbou (USDA) het uitgebreide studies gedoen oor die persentasie van verskeie voedingstowwe wat verlore gaan as dit gaargemaak word. (Dit is belangrik om te weet dat sommige vitamiene beter deur die liggaam opgeneem word as die kos gekook is.)Comparison of Vitamin Levels in Raw Foods vs. Cooked Foods. Beyondveg.com. Besoek op 3 Augustus 2013.

Die tabel hier onder toon of die waarde van verskeie soorte vitamiene verlore kan gaan weens hitte, soos wanneer kos gekook, gebraai of gestoom word. Die uitwerking van die sny van kos kan gesien word uit blootstelling aan lug en lig. Wateroplosbare vitamiene soos B en C los in die water op wanneer groente gekook word en gaan verlore wanneer die water weggegooi word.Effects of Cooking on Vitamins (Table). Beyondveg.com. Besoek op 3 Augustus 2013.

VitamienOplosbaar in waterBlootstelling aan lugBlootstelling aan ligBlootstelling aan hitteVitamien A nee gedeeltelik gedeeltelik redelik stabielVitamien C baie onstabiel ja ja ja Vitamien D nee nee nee nee Vitamien E nee ja ja neeVitamien K nee nee ja neeTiamien (B1) baie nee ? > 100 °CRiboflavien (B2) effens nee in oplossings neeNiasien (B3) ja nee nee neePantoteniensuur (B5) redelik stabiel ? nee jaVitamien B6 ja ? ja ?Biotien (B7) effens ? ? neeFoliensuur (B9) ja ? wanneer droog by hoë temp.Vitamien B12 ja ? ja nee

Tekorte Mense moet vitamiene priodiek, maar met verskillende tussenposes, inneem om tekorte te vermy. Die menslike liggaam stoor vitamiene op verskillende maniere; aansienlike hoeveelhede vitamiene A, D en B12 word hoofsaaklik in die lewer gestoor, en ’n volwassene se dieet kan baie maande lank te min vitamiene A en D en soms jare lank te min B12 bevat sonder dat ’n gebreksiekte ontstaan. Vitamien B3 (niasien en niasinamied) word nie in aansienlike hoeveelhede gestoor nie; dit kan net ’n paar weke lank hou. Die eerste tekens van skeurbuik by mense weens ’n tekort aan vitamien C het in studies grootliks gewissel: van ’n maand tot meer as ses maande – dit het afgehang van deelnemers se vorige dieetgeskiedenis wat die liggaam se stoorplekke bepaal het.

Vitamientekorte kan óf primêr óf sekondêr wees. ’n Primêre tekort kom voor wanneer ’n organisme nie genoeg van ’n vitamien deur sy kos inkry nie. ’n Sekondêre tekort kan voorkom wanneer ’n onderliggende toestand soos weens rook, te veel alkohol of medikasie, inmeng met die opname van ’n vitamien en dit voorkom of beperk. Mense met ’n dieet vol variasie sal nie sommer ’n ernstige primêre vitamientekort ondervind nie. ’n Beperkte dieet, daarteenoor, kan voortdurende vitamientekorte tot gevolg hê en dit kan lei tot dikwels pynlike of potensieel dodelike siektes.