Die Lawotsjkin La-5 is 'n Russiese vegvliegtuig wat ontwikkel is uit die Lawotsjkin LaGG-3 en tydens die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen het. In 1941 is die LaGG-3 se V12-motor vervang met 'n tweery, M-82 14-silinderstermotor en dit het gelei tot die La-5. Daar was ook ander verbeteringe aangebring wat gelei het tot beter vermoë en togafstand.

Die Lawotsjkin La-5FN was ook feitlik uit hout gebou, tog was dit een van die beste Russiese vegvliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog. Die Shvestov M-82 motor het oor 'n tweestadium superaanjaer beskik wat 'n maksimumsnelheid van 648 km/h verseker het. Die vliegtuig was beweeglik, rats en kon beter presteer as alle ander Russiese vegvliegtuie asook die meeste Duitse vliegtuie. Dit was toegerus met twee 20 mm kanonne. Die La-5FN was vir nog 'n dekade in gebruik na die Tweede Wêreldoorlog totdat hulle vervang was met straalvliegtuie.

Daar was verdere ontwikkeling met die La-5FN gedoen in 1943, die gewig is verminder, die aerodinamika verbeter en dit het gelei tot die Lawotsjkin La-7 onderskepping vliegtuig, waarvan 5,500 gebou was.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Lawotsjkin La-5FN: Item Statistiek Aantal motore 1 Tipe motor Skroef Vervaardiger Shvetsov M-82A 14-silinder dubbelry stermotor Kraglewering per motor 1,330 perdekrag Vlerkspan 9,8 m Lengte 8,46 m Hoogte 2,84 m Vlerkoppervlakte 17,5 m2 Maks. opstygmassa 3 360 kg Maks. snelheid 648 km/h Operasionele hoogte 9 500 m Togafstand 765 km Klimvermoë 5 000 m in 4 minute en 42 sekondes Bewapening Twee 23 mm kanonne en bomme onder die vlerke

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog