200px Sinclair HouseSinclair's Department Store

Verdiepings 5

Voltooiing 19261936 (Art Deco-uitbreiding)

Argitekte James Scott

Opdraggewer Sinclair's Department Store

Straatadres 89–101 Royal Avenue SBD Belfast, Noord-Ierland

Argitektoniese besonderheid Uitstekende voorbeeld van modernistiese en Art Deco-boukuns in Ierland

Sinclair House, ook bekend as Sinclair's Department Store, is een van die uitstekendste voorbeelde van modernistiese en Art Deco-boukuns in Ierland.Modernist Britain: Sinclair's Department Store. Besoek op 19 September 2017 Die gebou het in 1926 in Belfast se middestad in Royal Avenue, op die hoek van Royal Parade en North Street, ontstaan, nie ver van die stad se sentrale plein, Donegall Square, en die Raadsaal (City Hall) nie.

Die argitek van die oorspronklike gebou, James Scott, 'n boorling van Belfast, het die afdelingswinkelgebou in 1935 van uitbreidings in die Art Deco-styl voorsien. Sinclair's was een van Belfast se mees prestigieuse afdelingswinkels. Gedurende die onluste in Noord-Ierland, die sogenaamde Troubles, is die gebou net soos baie ander in Belfast se middestad deur ontploffings beskadig. Sinclair's is op 12 Julie 1971 aangeval. Op 1 September 1972 het die afdelingswinkel sy deure vir goed gesluit.

Die gebou is later vir die beskeie bedrag van £60 000 aan 'n Japannese onderneming verkoop en huisves tans 'n koffiehuis (op straatvlak) en kantore op die hoër verdiepings. Vanaf 2017 word die gebou deur Cathedral Living Group en RMI Architects (Belfast & Glasgow) herontwikkel om in die volgende jaar as studentehuisvesting te dien.Future Belfast: Sinclair House. Besoek op 20 September 2017

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboue en strukture in Belfast