Daimler AG (Duits: [ˈdaɪmlɐ aːˈɡeː], , voorheen DaimlerChrysler AG, is 'n transnasionale maatskappy in die motor-industrie. Voor die samesmelting met Chrysler het die besigheid Daimler-Benz AG geheet. Die fabrikaat sluit groot en duur motorvoertuie in, met 'n reputasie dat welgestelde, ouer mense dit graag bestuur.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

In 2014 was die maatskappy se omset € 130 miljard en het hulle 2,5 miljoen voertuie vervaardig, waarvan 1,7 miljoen passasiersmotors was. Daimler Annual report 2014, geraadpleeg op 10 Maart 2015 In dieselfde jaar het die maatskappy 280 000 werknemers in diens gehad, waarvan ongeveer 180 000 in Europa was. In die periode 2010 tot 2014 het Daimler meer as € 10 miljard per jaar geïnvesteer, waarvan ongeveer die helfte aan navorsing en ontwikkeling, en die ander helfte aan produksiefasiliteite en oornames spandeer is.

DaimlerChrysler, die maatskappy se voorganger, is in 1998 gevorm toe Daimler-Benz met die Amerikaanse motorvervaardiger Chrysler saamgesmelt het. Hulle het onder meer Mercedes-Benz-, Chrysler- en Jeep-voertuie vervaardig. Die Chrysler-aandeel is egter weer in 2007 verkoop.

Handelsmerke Motorvoertuie duimnael|links|Daimler se hoofkantoor in Stuttgart. duimnael|links|Fabriek in Hamburg.

Mercedes-Benz (saamgestel uit die name "Mercedes" en "Benz".) The history behind the Mercedes-Benz brand and the three-pointed star . eMercedesBenz.com. 17 April 2008. Mercédès Jellinek was 'n jong meisie, en Karl Benz 'n motorvervaardiger Mercedes-AMG Smart

Vragmotors Mercedes-Benz Freightliner Western Star Saurer Sterling Mitsubishi Fuso

Busse Evobus Mercedes-Benz Setra

Dienste Motoronderdele Car2Go

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf

Kategorie:Duitse motorvervaardigers