Maasdam is ’n Nederlandse kaas in die Switserse styl. Dit word van koeimelk gemaak en minstens vier weke verouder. Dit word vinniger ryp as ander Nederlandse kase.
Maasdam het gate in vanweë die verouderingsproses en ’n gladde, geel skil. Soms kry dit ’n buitelaag van was soos gouda. Die kaas is geskep om mee te ding met die gewilde Switserse emmentaler wat die prys en die duur van vervaardiging betref. Die resultaat was ’n soet en neuterige kaas, wat sagter as emmentaler is vanweë die hoë voginhoud. Dit is onder meer ideaal vir ontbyt.South Africa Outdoors, Alles oor kaas
Die styl is in 1984 deur die Baars-maatskappy bekendgestel, maar word nou ook deur ander Nederlandse maatskappye vervaardig onder die naam maasdammer. Dit is genoem na die dorp Maasdam in die Suid-Hollandse munisipaliteit Hoeksche Waard.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Hoeksche Waard Kategorie:Nederlandse kaas Kategorie:Koeimelkkaas