Daar was aanvanklik gedink dat die sogenaamde Vioolconcerto nr. 6 in E-mol majeur, K. 268/365b/Anh.C. 14.04 deur Wolfgang Amadeus Mozart gekomponeer is. Dit word egter nou onder die werke van Johann Friedrich Eck (1767–1838) gereken.

Struktuur

Die konsert beskik oor die gebruiklike vinnig-stadig-vinnig struktuur en duur ongeveer 23 minute.

Die bewegings is:

Allegro moderato Un poco adagio Rondo: Allegretto

Agtergrond Die vioolconcerto was die eerste keer in 1799 deur Johann André gepubliseer. 'n Kontemporêre skrywer het gekonstateer dat die werk in 1784 gekomponeer was, en dat dit voor Eck gespeel is deur Mozart, alhoewel Mozart se weduwee Constanze van oordeel was dat indien die werk eg was, dit vroeër gekomponeer moes gewees het. Ludwig von Köchel het die werk se datum op 1776 gestel in sy katalogus, en dit geëtiketteer as K. 268. 'n Algemene hipotese wat in die latere helfte van die 19de eeu gemaak is was naamlik dat die stuk gebaseer was op oorspronklike Mozart materiaal maar gekonstrueer is deur 'n minder vaardige komponis. Cecil B. Oldman het geglo dat die werk stilistiese eienskappe in gemeen gehad het met Mozart se Sinfonia Concertante vir Viool, Altviool en Orkes, K. 364, en dat Eck die werk voltooi het. Hy het in 'n voetnoot tot bl.1469 van The Letters of Mozart and his Family Volume III soos volg geskryf:

Alfred Einstein het die werk na 1780 gedateer in sy derde uitgawe van die Köchel-katalogus, en dit van 'n nuwe nommer voorsien (K. 365b). In 'n 1978 vergelyking van die concerto met verskeie bekende Eck vioolconcertos, het Walter Lebermann die werk se waarskynlike toeskrywing aan Eck bevestig en 'n datum voorsien van voor 1790.Lebermann, Walter. Mozart, Eck, André: Ein Beitrag zu KV 268, Die Musikforschung, xxxi (1978), 413ff. Die 1980 sesde uitgawe van die Köchel-katalogus het die concerto uit die hoofkatalogus verwyder en in die aanhangsel vir valse en twyfelagtige werke geplaas as K. Anh.C 14.04. Die werk word ook nie ingesluit in die Neue Mozart-Ausgabe nie.

Verwysings

Kategorie:Vioolconcerto's van Wolfgang Amadeus Mozart