Lorasepam 200px|Lorasepam se chemiese struktuur200px Algemeen Sistematiese naam 7-chloor-5-(2-chloorfeniel)-3-hidroksie-1,3-dihidro-1,4-bensodiasepien-2-oon Chemiese formule C15H10Cl2N2O2 Molêre massa 321,2 g/mol CAS-registernommer 846-49-1 Farmakokinetika Roete van toediening Oraal & inspuiting (IM of IV) Biobeskikbaarheid 85% (per mond geneem) Metabolisme Lewer Uitskeiding Niere Eliminasie-halfleeftyd 10–20 ure Lorasepam, onder andere verkoop onder die naam Ativan, is 'n bensodiasepien medikasie. Dit word gebruik vir die behandeling van angsversteurings, probleme met slaap, aktiewe aanvalle insluitende status epileptikus, alkoholonttrekking, en chemoterapie-veroorsaakte naarheid en braking, sowel as tydens operasies om geheuevorming te rem, en om diegene te sedeer wat meganies geventileer word. Terwyl dit gebruik kan word vir ernstige ontroering, word midasolam gewoonlik verkies. Dit word ook gebruik, saam met ander behandelings, vir akute koronêre sindroom as gevolg van kokaïengebruik. Dit kan per mond of as 'n inspuiting in 'n spier of aar toegedien word. Indien toegedien per inspuiting is die aanvang van effekte tussen een en dertig minute, en die gevolge duur vir tot 'n dag.

Algemene newe-effekte sluit in swakheid, slaperigheid, lae bloeddruk, en 'n afname in die poging om asem te haal. Indien binneaars toegedien moet die pasiënt noukeurig gemonitor word. Diegene wat depressief is mag dalk 'n verhoogde risiko van selfmoord toon. Met langtermyngebruik mag groter dosisse naderhand vereis word om dieselfde effek te verkry. Fisiese sowel as sielkundige afhanklikheid kan voorkom. As dit skielik na langtermyngebruik gestaak word, kan bensodiasepien onttrekkingsindroom voorkom. By bejaardes ontwikkel nadelige gevolge meer dikwels. In hierdie ouderdomsgroep word lorasepam in verband gebring met val- en heupfrakture. As gevolg van hierdie bekommernisse, word die gebruik van lorasepam slegs aanbeveel vir tot twee tot vier weke.

Handel en koste Lorasepam is oorspronklik in 1963 gepatenteer en word in die Verenigde State van Amerika verkoop sedert 1977. Dit is op die WGO se Lys van Noodsaaklike Medisyne, die mees doeltreffende en veilige medisyne wat nodig is in enige gesondheidsorgstelsel.

Dit is ook beskikbaar as 'n generiese medikasie. Die groothandelkoste in die ontwikkelende wêreld van 'n tipiese dosis per mond is tussen US$0.02 en US$0.16 in 2014. In die Verenigde State het 'n tipiese maandvoorraad minder as US$25 gekos in 2015. In die VSA is 28 miljoen voorskrifte vir lorasepam geresepteer in 2011. Dit maak dit die tweede meeste voorgeskrewe bensodiasepien na alprasolam.

Verwysings

Kategorie:Bensodiasepiene Kategorie:Geneesmiddels Kategorie:Wêreldgesondheidsorganisasie se essensiële medisynelys