Ricotta is ’n Italiaanse weikaas wat van die wei van ’n skaap, koei, bok of Italiaanse waterbuffel deur die byvoeging van vars melk of room en suurlemoensuur gemaak word. Die wei is wat oorbly nadat kaas gemaak is - in Italië hoofsaaklik pecorino, mozzarella of provolone. duimnael|links|Ricotta salata of gesoute ricotta is van 'n vaste tekstuur. Hierdie variant word gepers en gedroog en eers deur 'n verouderingsproses gevorm Ricotta beteken letterlik "weer gekook". Die proteïen kan geoes word as die wei eers toegelaat is om suurder te word deur bykomende gissing (deur dit vir 12–24 uur teen kamertemperatuur te los). Dan word die versuurde wei verhit totdat dit byna kook. Die kombinasie van ’n lae pH en hoë temperatuur laat die proteïen van karakter verander en veroorsaak dat dit afsak, en so vorm ’n fyn wrongel. Nadat dit afgekoel is, word dit geskei deur die vloeistof deur ’n fyn doek te gooi; die wrongel bly dan agter.

Ricottawrongel is roomwit van kleur en effens soet. Die vetinhoud hang af van die soort melk wat gebruik is.http://www.weightlossresources.co.uk/calories-in-food/cheese/ricotta-cheese.htm In hierdie vorm is die tekstuur soortgelyk aan dié van sekere maaskase, maar taamlik ligter. Dit verderf gou, hoewel daar ook variasies is wat veel langer hou.

Gebruike Nes mascarpone in Noord-Italiaanse kookkuns, is ricotta ’n gunstelingbestanddeel in baie Italiaanse nageregte, soos kaaskoek en cannoli. Verskeie soorte koekies bevat ook ricotta.

Die kaas kan geklits en met geurmiddels soos suiker, kaneel, aarbeie en soms sjokoladekrummels gemeng word vir ’n nagereg. Dit word ook dikwels in soutgeregte soos pastas en pizzas gebruik. Soms dien dit in slaaie as plaasvervanger vir mayonnaise of in souse as ’n verdikker.

Verwysings

Eksterne skakels Bestanddele en produkinligting

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bokmelkkaas Kategorie:Italiaanse kaas Kategorie:Koeimelkkaas Kategorie:Skaapmelkkaas Kategorie:Waterbuffelmelkkaas Kategorie:Weikaas