Hoender Kiëf (Oekraïens: котлета по-київськи, kotljeta po-kijifski, Russies: котлета по-киевски, kotljeta po-kijefski) is ’n gereg van hoenderfilette wat plat gekap, om koue botter gerol en met eiers en broodkrummels bedek word. Dit word dan óf gebraai óf gebak.П. В. Абатуров (1955). In М. О. Лифшиц: Кулинария. Москва: Госторгиздат, Министерство пищевой промышленности СССР; P.V. Abatoerof (1955). In M. O. Lifschitz: Kookkuns (). Moskou: Gostorgizdat, Sowjetdepartement van die voedselbedryf. Dit is veral gewild in die state van die voormalige Sowjetunie en Oosblok,Robert Strybel; Maria Strybel (2005). Polish Heritage Cookery. Hippocrene Books. . sowel as Engelssprekende lande.
Variasies Hoender Kiëf word gemaak van hoenderborsies met die been in wat in die lengte gesny en plat gekap word. Soms word dit sonder die been berei. In die Weste word dikwels knoffelbotter gebruik, maar in Russiese resepte gewone botter. Kruie (pietersielie en dille) kan by die botter gevoeg word. In sommige lande word die botter deur bloukaas vervang.
In die Weste is ’n weergawe met ’n vulsel van kaas en ham in plaas van botter gewild; dit word dikwels hoender Cordon Bleu genoem.
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Resepte sarie.com: Hoender Kiëf - resep vir 2 porsies
Kategorie:Oekraïense kookkuns Kategorie:Russiese kookkuns