Wayne Ferreira (* 15 September 1971– ) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse tennisspeler. Hy het in 1989 as 'n juniorspeler reeds professioneel begin speel. Ferreira was die nommer-een dubbelspeler en die 6de gekeurde junior enkelspeler in die wêreld. Oor sy loopbaan het hy altesaam 15 enkelspel- en agt dubbelspeltitels ingepalm. Ferreira het professioneel geword in 1989. Hy het in 1991 sy eerste ATP-dubbeltitel in Adelaide gewen.

Tydens die Olimpiese Somerspele van 1992 het hy saam met Pietie Norval 'n silwermedalje 'n Barcelona verower. Hy het aan 'n rekord 56 agtereenvolgende Grand Slam-toernooie deelgeneem. In 2000 het hy die Hopmanbeker saam met Amanda Coetzer gewen.

Hy het in 2005 uit tennis afgetree en woon tans in die VSA.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Grand Slam-rekord Die tabel toon Ferreira se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkels waaraan hy deelgeneem het: Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA-Ope1990 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Rondte 2 Nie deelgeneem nie1991 Rondte 4 Rondte 2 Rondte 2 Rondte 21992 Halfeindstryd Rondte 3 Rondte 4 Kwarteindstryd1993 Rondte 4 Rondte 2 Rondte 4 Rondte 41994 Rondte 4 Rondte 1 Kwarteindstryd Rondte 31995 Rondte 2 Rondte 3 Rondte 4 Rondte 11996 Rondte 2 Rondte 4 Rondte 3 Rondte 11997 Rondte 4 Rondte 3 Rondte 3 Rondte 41998 Rondte 2 Rondte 3 Rondte 4 Rondte 11999 Rondte 4 Rondte 2 Rondte 1 Rondte 12000 Rondte 4 Rondte 3 Rondte 4 Rondte 22001 Rondte 3 Rondte 1 Rondte 1 Rondte 12002 Kwarteindstryd Rondte 1 Rondte 3 Rondte 42003 Halfeindstryd Rondte 3 Rondte 1 Rondte 22004 Rondte 3 Rondte 1 Rondte 3 Rondte 1

Verwysings

Eksterne skakels

Wayne Ferreira se ATP-profiel Wayne Ferreira se ITF-profiel

Kategorie:Suid-Afrikaanse tennisspelers Kategorie:Geboortes in 1971 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Olimpiese deelnemers