duimnael|regs|Daniela Dodean, byname Dana of Arad Tiger.
Daniela Dodean (gebore 13 Januarie 1988 in Arad), is 'n Roemeense professionele tafeltennisspeler en Europese kampioen. Sy het deelgeneem vir Roemenië in die vroue-enkelspel en spanne by die Olimpiese Spele van 2008, die vroue-enkelspel by die Olimpiese Somerspele 2012 asook die span- en individuele items by die Olimpiese Somerspele 2016. Sedert 2011 woon sy in Schwechat, Oostenryk, en oefen by die Werner Schlager Akademie. Haar broer, Adrian Dodean, is ook 'n tafeltennisspeler.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1988 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Olimpiese deelnemers Kategorie:Roemeense tafeltennisspelers