'n Kristalsisteem beskryf die uitwendige simmetrie van 'n goedgevormde kristal. Hoewel die inwendige simmetrie daarvan in 230 ruimtegroepe beskryf word wat tot 32 kristalklasse en 14 Bravais-tralies behoort, kan hierdie inwendige simmetrie net met metodes soos X-straalkristallografie bepaal word. 'n Geoloog kan in die veld net die uitwendige simmetrie bekyk en dit val in net ses kristalsisteme. Een daarvan, die heksagonale sisteem word nogtans dikwels nog onderverdeel in drie divisies. Die kristalsisteme en hul divisies en kenmerke word in die volgende tabel gegee.
SisteemDivisieVorm-kenmerkeDubbelbreking Isometries (kubies)Vier drietallige asse onder 109 gradeisotroopHeksagonaalHeksagonaal’n Sestallige asEenassigTrigonaalEen drietallige as; hoeke 60/120 en 90 gradeRomboëdriesEen drietallige as; 'n hoek ≠ 60,90,120 Tetragonaal 'n Viertallige asEenassigOrtorombiesHoeke 90TweeassigMonokliniesEen hoek ≠ 90TweeassigTrikliniesAlle hoeke ≠90Tweeassig
Verwysings
Kategorie:Mineralogie