Nekrasoviet is 'n seldsame koper-vanadium-sulfosout mineraal met die formule Cu26V2(Sn,As,Sb)6S32. Dit kristalliseer in die isometriese kristalstelsel en kom voor as klein korrels in ertsaggregate. Dit is 'n bruin ondeursigtige metaliese mineraal met Mohs-hardheid van 4,5 en 'n relatiewe digtheid van 4,62. Dit is die eerste keer in 1984 in die Khayragatsch ertsafsettings van Oos-Uzbekistan beskryf en is vernoem na die Russiese mineraloog Ivan Yakovlevich Nekrasov (gebore 1929).
Sien ook Mineraal Relatiewe digtheid Mohs se hardheidskaal
Verwysings Mindat data with locations Webmineral data Mineral Data Publishing – PDF
Kategorie:Geologie Kategorie:Sulfiedminerale