Geoff Cronjé was die eerste hoof van die Universiteit van Pretoria se dramadepartement. Die departement is op aandrang van prof. F.C.L. Bosman en Anna Neethling-Pohl in 1965 tot stand gebring. Cronjé het drie doktorsgrade gehad en is veral as ’n kenner op die gebied van dramakunde (die beginsels en praktyk van die drama) beskou. Sy handboek, Die drama as speelstuk, is deur talle studente gebruik. As lid van die toneelkomitee van die destydse Truk was sy bydrae deurslaggewend vir die skryf en opvoer van vernuwende werk, soos P.G. du Plessis se Siener in die suburbs en Bartho Smit se Christine.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Profiel op ESAT, besoek op 14 Augustus 2017

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse dramaturge Kategorie:Universiteit van Pretoria