Thortveitiet is 'n seldsame skandiumsilikaat-mineraal met die formule Dit is genoem van Gunder Olaus Olsen Thortveit (1872–1917)
Dit word in granietpegmatiete in die Iveland-Evje-gebied van Noorweë en die Befanamo-gebied van Madagaskar aangetref. Daar is net nege skandiumminerale en thorveitiet is die belangrikste skandiumerts.Materials Handbook: A Concise Desktop Reference, , Springer Science & Business Media, 2008, , bls.434
Kristalstruktuur Thortveitiet se monokliniese kristalstruktuur is die argetipe van die strukturbericht-klassifikasie se S2-struktuur. Dit is 'n sorosilikaat wat die -ioon bevat, wat as -O- weergegee kan word. Die O-Si-O bindingshoek wat Bianchi et al. in 1988 gevind het, is 180 °, maar die temperatuurbeweging wat hulle loodreg aan die O-Si-O het, is taamlik groot, sodat dit moontlik 'n dinamiese gemiddelde is. In ander sorosilikate is die bindingshoek gewoonlik nie 180 ° nie. Die silikon-atome het 'n tetraëdriese koördinasie, die skandium-atome is deur 'n versteurde oktaëder van suurstofatome omring. In natuurlike thortveiliet is amper 'n kwart van die skandiumposisie deur yttrium vervang en nog amper 'n kwart deur hoofsaaklik ytterbium en ander lantaniede soos disprosium, erbium, tulium en lutesium. Sintetiese monsters met suiwer skandium of suiwer yttrium het dieselfde struktuur, maar die selparameters wyk af.
Verwysings
Kategorie:Minerale