Hidroksielapatiet, hidroksi-apatiet of apatiet-(CaOH) is 'n mineraal uit die apatiet-groep. Dit kom algemeen voor en dit word in Suid-Afrika in Noord-Kaap in die Postmasburg-mangaanveld op die Gamagara-rand gevind.

Biochemie Hidroksielapatiet word aangewend in die proteïen-chromatografie as 'n draermateriaal in die kolom. Methods Enzymol. 2009 463:387-404

Tandheelkunde Hidroksielapatiet is die mineraal wat die tande vorm en die blootstelling van hierdie materiaal aan sure kan hierdie materiaal oplos, omdat dit 'n hidroksied is. Die teenwoordigheid van fluoried-ione kan help die tande te behoed omdat die -ioon die -ioon in die apatietstruktuur kan vervang.

Verwysings

Kategorie:Minerale