duimnael|Die sorosilikaat-halter 'n Sorosilikaat is 'n silikaat wat die dimeer bevat. 'n Voorbeeld is die mineraal thortveitiet.
Die naam sorosilikaat kom van Grieks σορος=gekoppel en verwys na die haltervormige -ione wat bestaan uit twee silikaat tetraëders wat deur een suurstofatoom gekoppel is. Die twee helftes van die halter kan ewewydig (soos in åkermaniet) of teenoorgesteld (soos in thortveitiet) gerangskik wees. Die helfte kan ook onder verskeie hoeke gekantel wees, soos in lawsoniet. Sorosilikate word soms ook pirosilikate genoem.
Die sorosilikate word gewoonlik deur 'n digpakking van -halters gekenmerk en die vorming van hierdie halters gebeur hoofsaaklik onder hoë druk.
Lawsoniet is 'n goeie voorbeeld. Sy formule kan as β- geskryf word, maar dit is eintlik 2x==. Lawsoniet is dus 'n sorosilikaat en nie 'n nesosilikaat nie. Hierdie fase is op 400 km diepte in die laesnelheidsone van die aarde se mantel dié vorm wat die gunstigste energie besit.Crystal Chemistry and Refractivity, Courier Corporation, 1988, ,
Natriumpirosilikaat is 'n sintetiese sorosilikaat wat in water oplos en baie higroskopies is. Sien ook Hemimorfiet Verwysings
Kategorie:Mineralogie