Die 2017-’18 Pro14-seisoen (ook bekend as die Guinness Pro14 weens borgskapredes) het op 1 September 2017 afgeskop, met die eindstryd wat op 26 Mei 2018 gespeel is. Dit was die sewentiende seisoen van die kompetisie wat oorspronklik as die Keltiese Ligabeker bekend gestaan het, die eerste van die vergrote 14-span-toernooi en die eerste toernooi wat as Pro14 bekend staan (dit was voorheen as Pro12 en die Keltiese Ligabeker bekend).
Die veertien spanne wat aan die kompetisie deelgeneem het verteenwoordig Ierland (Connacht, Leinster, Munster en Ulster), Italië (Benetton Treviso en Zebre), Skotland (Edinburgh en Glasgow Warriors), Suid-Afrika ( en ) en Wallis (Cardiff Blues, Dragons, Ospreys en Scarlets).
Kompetisieformaat Op 18 Mei 2017 het Europese Professionele Klubrugby (EPKR) veranderinge aangekondig vir hoe Pro14-spanne vir die Europese Rugbykampioenebeker kwalifiseer. Aan die einde van die 2017-’18-seisoen sal die sewe beste spanne outomaties kwalifiseer vir die 2018-’19 Europese Rugbykampioenebeker, ongeag die land van oorsprong (voorheen moes die sewe kwalifiseerders ten minste een span van Ierland, Wallis, Skotland en Italië elk insluit. Die twee Suid-Afrikaanse spanne kom nie in aanmerking vir EPKR-toernooie nie.
Op 30 Junie 2017 is finaal besluit dat die en nie meer aan die Superrugbykompetisie gaan deelneem nie, en dat hulle by die Pro12 ingelyf sou word. Die twee spanne, die Suid-Afrikaanse Rugbyunie en Keltiese Rugby Beperk, organiseerder van die Pro12, het nie kommentaar hierop gelewer nie. Hul betrokkenheid is egter op 1 Augustus 2017 bevestig.
Die veertien spanne word in twee groepe van sewe spanne elk verdeel, elk met twee spanne van Ierland en Wallis en een span van Italië, Skotland en Suid-Afrika. Die rondomtaliedeel bestaan uit 21 rondtes – twaalf tuis- en wegwedstryde teen spanne van dieselfde groep, sewe wedstryde, hetsy tuis of weg, teen spanne van die ander groep en twee streeksderbies. Die uitspeelwedstryde sal vir die eerste keer ’n rondte van twee kwarteindstryde hê voor die halfeind- en eindstryde.
Punte
Tabelnotas & Kompetisiereëls Tabelnotas Pos = Tabelposisie S = Speel W = Wen (4 punte) G = Gelykop (2 punte) V = Verloor (0 punte) PV = Punte vir (Totale punte aangeteken) PT = Punte teen (Totale punte afgestaan) +/– = Punteverskil (Die totaal van PV minus PT punte) DV = Drieë gedruk DT = Drieë afgestaan DBP = Drieëbonuspunt VBP = Verliesbonus PTE = Alle punte wat behaal is
Wedstryddatums DatumDatumRondte 11–2 SeptemberSA Derbies13 en 20 JanuarieRondte 28–9 SeptemberRondte 149–11 FebruarieRondte 315–17 SeptemberRondte 1516–18 FebruarieRondte 422–23 SeptemberRondte 1623–25 FebruarieRondte 529–30 SeptemberRondte 172–4 MaartRondte 66–7 OktoberRondte 1823–25 MaartRondte 727–28 OktoberRondte 196–8 AprilRondte 83–4 NovemberRondte 2013–15 April13–15 AprilRondte 924–26 NovemberRondte 2113–15 AprilRondte 101–2 DesemberOordeelsdag28–29 AprilRondte 1123–26 DesemberKwarteindronde4–6 MeiRondte 1230 Des–1 JanHalfeindronde18–20 MeiRondte 135–7 JanuarieEindronde26 Mei
Nota: Afskoptye is in die land waar die wedstryd gespeel word
Rondte 1
Rondte 2
Rondte 3
Rondte 4
Rondte 5
Rondte 6
Rondte 7
Rondte 8
Rondte 9
Rondte 10
Rondte 11
Suid-Afrikaanse derby
Rondte 12
Suid-Afrikaanse derby
Rondte 13
Rondte 14
Rondte 15
Rondte 16
Rondte 17
Rondte 18
Rondte 19
Rondte 20
Rondte 21
Oordeelsdag
Uitspeelwedstryde
Kwarteindronde
Halfeindronde
Eindronde
Verwysings
Kategorie:Verenigde Rugbykampioenskap Kategorie:Sport in 2017 Kategorie:Sport in 2018