Die NZASM 18 Tonner 0-6-0ST van 1890 was 'n Suid-Afrikaanse saaltenklokomotief van die negentiende eeu in die Suid-Afrikaanse Republiek (ZAR) met 'n massa van 18 ton. Alle NZASM-lokomotiewe is volgens hul gewig benaam dus is hierdie lokomotiewe as 18-tonners bekend.
In 1875 stel President Burgers van die ZAR voor dat 'n spoorlyn tussen Delagoabaai en Pretoria gebou word. In 1884 gee die Portugese regering 'n toegewing aan 'n Amerikaner, kolonel Edward McMurdo, om die Portugese sektor van die spoorlyn te bou. Een van die voorwaarde van die toegewing is dat die spoorlyn moet voor Junie 1888 die grens van die ZAR behaal. Die spoorlyn het die Komatirivier op 14 Desember 1887 bereik, maar die grens was nie vasgestel nie. Dit lei tot regsprobleme. Op 8 Mei 1889 sterf McMurdo en op 25 Junie herroep die Portugese regering die toegewing en gee dit aan 'n Portugese maatskappy, Caminho de Ferro de Lourenco Marques (CFLM).
In 1890 bestel Mynssen en Kie, namens die Nederlands-Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy (NZASM) van die Zuid-Afrikaansche Republiek ses saaltenklokomotiewe met 'n wielrangskikking. Hierdie lokomotiewe is eerstens bedoel as vervoermiddel tydens die bou van die NZASM Oosterlijn en sy uitbreiding tot by die eindpunt te Delogoabaai. Die bou van die spoorlyn is by Delagoabaai begin dus is die lokomotieve in die voorjaar van 1890 in Delagoabaai afgelewer en deur die Portugese spoorwegmaatskappy Caminho de Ferro de Lourenco Marques (CFLM) vanaf 53 tot 58 genommer.
Werk op die Komatirivierbrug, 2,8 km vanaf die grens, begin in Mei 1890. Die brug word op 14 Mei 1891 in gebruik geneem, en daarmee word dit moontlik om spoorstawe en ander materiaal na die bouterrein te vervoer. Daarna is die lokomotiewe aan NZASM oorhandig en hulle kry nuwe nommers - 9 tot 14. Na die Tweede Vryheidsoorlog is hulle weer hernommer, die keer deur die Imperial Military Railways toe hulle die nommers 606 tot 611 gekry het. Hulle is voor 1912 verouderd verklaar, want hulle kom nie op die lys van die Suid-Afrikaanse Spoorweë lokomotiewe voor nie.
Fabrieknommers Die NZASM 18-tonner fabrieknommers, fabriekverskepingsdatum, Delagoabaainommer, NZASM en Imperial Military Railways (IMR) lokomotiefnommers volg hieronder.Harman, Fred W. (1999). The Locomotives Built by Manning Wardle & Company – Volume 1 Narrow Gauge, (1st ed.). Toddington, Beds: Century Locoprints. p. 51. . +Fabrieknr.DatumverskeepPortugesenr.NZASM-nr.IMR-nr.1177 1 Maart 189053 9 606 1178 26 Maart 189054 10 607 1179 29 Maart 189055 11 608 1186 16 Mei 189056 12 609 1187 5 Junie 189057 13 610 1188 5 Junie 189058 14 611
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine