Michael Crichton (1942–2008) was ’n Amerikaanse skrywer van topverkopers soos The Andromeda Strain, Jurassic Park en Sphere. Talle van sy boeke is verfilm. Hy het ook met die idee vir die TV-program ER vorendag gekom en dit vervaardig.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, In 1994 word hy die eerste skeppende kunstenaar om gelyktydig met 'n nommer-een TV-program (ER), rolprent (Jurassic Park) en boek (Disclosure) in Amerika te spog.

Lewensloop John Michael Crichton is op 23 Oktober 1942 in Chicago gebore. Hy was vyf keer getroud en het 'n dogter uit sy vierde huwelik gehad, asook 'n seun wat na sy dood gebore is.

Crichton het aan die Harvard Mediese Skool studeer en gedurende sy studentejare sy eerste boeke onder die skuilname John Lange en Jeffery Hudson gepubliseer. Sy boek Jurassic Park is in 1993 deur Steven Spielberg verfilm en was wêreldwyd 'n treffer. Van sy ander romans wat later lokprente geword het, is Congo, The Lost World, Rising Sun en Sphere.http://www.imdb.com/name/nm0000341/ Hy het ook die Amerikaanse Kongres oor die gevare van wetenskap en politiek toegespreek.

Crichton is op 4 November 2008 in Los Angeles aan kanker oorlede. Hy was 66 jaar oud.Jurassic Park-bedenker Michael Crichton overleden, De Telegraaf, 5 November 2008

Bibliografie Fiksie 1968 – A Case of Need (onder die skuilnaam Jeffery Hudson) 1969 – The Andromeda Strain 1972 – The Terminal Man 1975 – The Great Train Robbery 1976 – Eaters of the Dead (verfilm as The 13th Warrior) 1980 – Congo 1987 – Sphere 1990 – Jurassic Park (boek)|Jurassic Park 1992 – Rising Sun 1994 – Disclosure 1995 – The Lost World 1996 – Airframe 1999 – Timeline 2002 – Prey 2004 – State of Fear 2006 – Next 2009 – Pirate Latitudes 2011 – Micro 2017 – Dragon Teeth

Nie-fiksie 1970 – Five Patients: The Hospital Explained 1977 – Jasper Johns 1983 – Electronic Life 1988 – Travels 1994 – Jasper Johns (verbeterde uitgawe)

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webbladsy

Kategorie:Amerikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1942 Kategorie:Sterftes in 2008