Benetton Rugby Treviso is ’n Italiaanse rugbyspan wat in die Verenigde Rugbykampioenskap en Europese Rugbykampioenebeker meeding. Die klub is in 1932 gestig en het 15 Italiaanse nasionale kampioenskappe gewen. Sedert 1979 is die span in besit van die Benetton-kleremaatskappy. Treviso neem sedert 2010 aan die Pro14 deel en het voorheen in die Italiaanse plaaslike kompetisie deelgeneem.
Talle spelers van Treviso het ook al vir Italië uitgedraf, soos Tobie Botes, Benjamin de Jager, Sergio Parisse, Corniel van Zyl en Braam Steyn. Ander bekende wêreldbekerwenners soos Craig Green, John Kirwan en Michael Lynagh het ook vir Treviso uitgedraf.
Geskiedenis Amateurera: 1932–1995 Treviso is in 1932 gestig. Die klub se eerste groot eerbewys was toe hulle in 1952 die Italiaanse premierskapstitel ingepalm het. In 1970 het Benetton Treviso sy eerste Italiaanse Beker gewen en in 1978 weer die Italiaanse premierskap. Die jaar nadat Benetton die hoofborg geword het, is die span se naam verander na “Benetton Rugby Treviso”. Treviso het weer in 1983, 1989 en 1992 die plaaslike premierskap gewen.
Professionele era: 1995–huidig Na 1995 het rugby ’n professionele sport geword. van 1997 tot 2010 het Benetton Treviso die Italiaanse liga oorheers en in die veertien seisoene, tien keer as wenner geëindig (in 1997, 1998, 1999, 2001, 2003, 2004, 2006, 2007, 2009 en 2010) en twee keer tweede.Nasionale Kampionskap van Uitnemendheid Hulle het ook in 1998 die Italiaanse Beker gewen.
Sedert die toernooi se aanvang in 1995, het Benetton Treviso byna elke jaar aan die Heinekenbeker deelgeneem. In die eerste seisoen het hulle een wedstryd elk gewen en verloor. Die volgende jaar het hulle vier wedstryde gespeel en slegs een gewen. In 1998-’99 het hulle drie wedstryde gewen. Vir die 2000-’01 en 2001-’02-seisoene het Benetton Treviso aan die Europese Uitdaagbeker deelgeneem maar het sedertdien aan elke Heinekenbeker deelgeneem. Die span het tot dusver nie veel sukses in die kompetisie behaal nie en het in die 2004-’05-seisoen drie wedstryde gewen. In die 2009-’10-seisoen het hulle ’n hoogtepunt beleef toe hulle die heersende kampioen van die vorige seisoen, Perpignan, met 9–8 in Treviso geklop het.
Na die 2009-’10-seisoen het Treviso die Italiaanse plaaslike kompetisie vaarwel geroep en het in 2010 as een van twee Italiaanse spanne by die destydse Keltiese Ligabeker aangesluit om teen spanne van Ierland, Wallis en Skotland te speel. Albei spanne is speelplek in die Heinekenbeker verseker, wat voorheen aan die twee beste spanne in die plaaslike Italiaanse Nasionale Kampioenskap van Uitnemendheid toegeken is. Vroeg in Maart 2010 is ’n ooreenkoms waarin twee Italiaanse spanne ’n plek in die Keltiese Liga sou kry. Daardie jaar is voorgestel dat Aironi en ’n nuwe span, Pretoriani Roma sou aansluit, maar Treviso is in plaas van Praetorians aangewys. Treviso en ’n kombinasie van Dichu Nord-Ovest rugbyklubs kon nie ooreenkom om een verteenwoordigende streekspan saam te stel nie en het gevolglik die eerste ronde se bieproses misgeloop. Pretoriani Roma kon egter nie aan die finansiële kriteria voldoen nie, en Treviso is in hul plek by die Keltiese Liga (hernoem na Pro12) ingesluit. Treviso het in hul eerste twee seisoene in die Pro12 in tiende plek geëindig en in hul derde seisoen was hulle sewende. Hulle kon dit nie weer vermag nie.
Seisoenbepalings Keltiese Liga/Pro12/Pro14/Verenigde Rugbykampioenskap {| class="wikitable" |-border=1 cellpadding=5 cellspacing=0 ! width="20"| Seisoen ! width="20"|Pos ! width="20"|Gespeel ! width="20"|Gewen ! width="20"|Gelyk ! width="20"|Verloor ! width="20"|BP ! width="20"|Punte ! width="280"|Notas |- align=center |align=left|2010-’11 |align=center|10de | 22 || 9 || 0 || 13 || 2 || 38 || |- align=center |align=left|2011-’12 |align=center|10de | 22 || 7 || 0 || 15 || 8 || 36 || |- align=center |align=left|2012-’13 |align=center|7de | 22 || 10 || 2 || 10 || 6 || 50 || |- align=center |align=left|2013-’14 |align=center|11de | 22 || 5 || 1 || 16 || 8 || 30 || |- align=center |align=left|2014-’15 |align=center|11de | 22 || 3 || 1 || 18 || 5 || 19 || |- align=center |align=left|2015-’16 |align=center|12de | 22 || 3 || 0 || 19 || 8 || 20 || |- align=center |align=left|2016-’17 |align=center|10de | 22 || 5 || 0 || 17 || 3 || 23 || |- align=center |align=left|2017-’18 |align=center|8ste | 21 || 11 || 0 || 10 || 11 || 55 || |- align=center |align=left|2018-’19 |align=left|7de | 21 || 11 || 2 || 8 || 9 || 57 || Verloor in uitspeelwedstryd teen Munster |- align=center |align=left|2019-’20 |align=left|5de (Groep B) | 15 || 6 || 1 || 8 || 10 || 36 ||
Heinekenbeker/Rugbykampioenebeker {| class="wikitable" |-border=1 cellpadding=5 cellspacing=0 ! width="20"| Seisoen ! width="20"|Poel/Rondte ! width="20"|Pos ! width="20"|Gespeel ! width="20"|Gewen ! width="20"|Gelyk ! width="20"|Verloor ! width="20"|BP ! width="20"|Punte ! width="250"|Notas |- align=center |align=left|1995-’96 |align=center|Poel 1 |align=center|2de | 2 || 1 || 0 || 1 || 0 || 2 || |- align=center |align=left|1996-’97 |align=center|Poel 1 |align=center|4de | 4 || 1 || 0 || 3 || 0 || 2 || |- align=center |align=left|1997-’98 |align=center|Poel 5 |align=center|3de | 6 || 2 || 0 || 4 || 0 || 4 || |- align=center |align=left|1998-’99 |align=center|Poel 4 |align=center|3de | 6 || 3 || 0 || 3 || 0 || 6 || |- align=center |align=left|1999-’00 |align=center|Poel 5 |align=center|3de | 6 || 2 || 0 || 4 || 0 || 4 || |- align=center |align=left|2001-’02 |align=center|Poel 2 |align=center|4de | 6 || 1 || 0 || 5 || 0 || 2 || |- align=center |align=left|2003-’04 |align=center|Poel 5 |align=center|3de | 6 || 1 || 0 || 5 || 1 || 5 || |- align=center |align=left|2004-’05 |align=center|Poel 2 |align=center|3de | 6 || 3 || 0 || 3 || 2 || 14 || |- align=center |align=left|2005-’06 |align=center|Poel 4 |align=center|4de | 6 || 0 || 0 || 6 || 3 || 3 || |- align=center |align=left|2006-’07 |align=center|Poel 1 |align=center|4de | 6 || 0 || 0 || 6 || 0 || 0 || |- align=center |align=left|2007-’08 |align=center|Poel 1 |align=center|4de | 6 || 1 || 0 || 5 || 1 || 5 || |- align=center |align=left|2008-’09 |align=center|Poel 3 |align=center|4de | 6 || 0 || 0 || 6 || 0 || 0 || |- align=center |align=left|2009-’10 |align=center|Poel 1 |align=center|4de | 6 || 1 || 0 || 5 || 1 || 5 || |- align=center |align=left|2010-’11 |align=center|Poel 5 |align=center|4de | 6 || 0 || 0 || 6 || 1 || 1 || |- align=center |align=left|2011-’12 |align=center|Poel 5 |align=center|4de | 6 || 1 || 1 || 4 || 1 || 7 || |- align=center |align=left|2012-’13 |align=center|Poel 2 |align=center|4de | 6 || 1 || 0 || 5 || 1 || 5 || |- align=center |align=left|2013-’14 |align=center|Poel 5 |align=center|4de | 6 || 0 || 0 || 6 || 0 || 0 || |- align=center |align=left|2014-’15 |align=center|Poel 5 |align=center|4de | 6 || 1 || 0 || 5 || 0 || 4 || |- align=center |align=left|2015-’16 |align=center|Poel 4 |align=center|4de | 6 || 0 || 0 || 6 || 0 || 0 || |- align=center |align=left|2017-’18 |align=center|— |align=center|— | 0 || 0 || 0 || 0 || 0 || 0 ||
Europese Rugbyuitdaagbeker {| class="wikitable" |-border=1 cellpadding=5 cellspacing=0 ! width="20"| Seisoen ! width="20"|Poel/Rondte ! width="20"|Pos ! width="20"|Gespeel ! width="20"|Gewen ! width="20"|Gelyk ! width="20"|Verloor ! width="20"|BP ! width="20"|Punte ! width="250"|Notas |- align=center |align=left|2000-’01 |align=center|Poel 1 |align=left|2de | 6 || 5 || 0 || 1 || 0 || 10 || |- align=center |align=left|2002-’03 |align=center|2de ronde |align=left colspan=9 | Newcastle Falcons 42 – 32 Treviso (gemiddelde telling) |- align=center |align=left|2016-’17 |align=center|Poel 1 |align=left|3de | 6 || 2 || 0 || 4 || 0 || 8 ||
Huidige span Treviso se span vir die 2017-’18-seisoen:
Stutte Alberto Di Marchi Simone Ferrari Filippo Filippetti Tiziano Pasquali Nicola Quaglio Marco Riccioni Cherif Traorè Federico Zani Matteo Zanusso
Hakers Luca Bigi Ornel Gega Enjel Makelara
Slotte Marco Fuser Irné Herbst Sebastian Negri Federico Ruzza Losvoorspelers Roberto Barbieri Dean Budd 12px|Kaptein Whetu Douglas Marco Lazzaroni Francesco Minto Marco Barbini Nasi Manu Braam Steyn Alessandro Zanni
Skrumskakels Giorgio Bronzini Edoardo Gori Tito Tebaldi
Losskakels Tommaso Allan Marty Banks Ian McKinley Senters Tommaso Benvenuti Juan Ignacio Brex Tommaso Iannone Luca Morisi Alberto Sgarbi
Vleuels Andrea Bronzini Andrea Buondonno Angelo Esposito Luca Sperandio Michael Tagicakibau
Heelagters Jayden Hayward
Eksterne skakel Amptelike werf
Amptelike Facebook-blad Amptelike Twitter-blad
Verwysings
Kategorie:Rugby in Italië Kategorie:Verenigde Rugbykampioenskapspanne Kategorie:Treviso