Die Avia B-534 is 'n Tsjeggo-Slowakiese dubbeldekker vegvliegtuig wat in Augustus 1933 sy nooiensvlug voltooi het en 'n gevorderde vliegtuig vir sy tyd was. Dit was goed bewapen, met uitstekende hanteerbaarheid en 'n hoë topsnelheid.

Konstruksie Die vlerke was van staal gemaak wat met materiaal bedek is en die romp uit staalbuise en kliknaels wat met metaalplate of materiaal bedek is. In April 1934 het die vliegtuig die Tseggiese nasionale spoedrekord verbeter tot 365,74 km/h. Die voorste Tseggiese eenhede was met ongeveer 300 van die vliegtuie toegerus wat tydens die Munchenkrisis van September 1938 diens gedoen het. Na die Duitse besetting van Tsjeggo-Slowakye het Slawiese Lugmageenhede teen die Rooi Leër geveg. Die Luftwaffe het ook in 1939 die vliegtuie ondersoek en vir 'n kort tydperk gebruik.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Avia B-534-IV: Item Statistiek Aantal motors1 Tipe motorSkroef VervaardigerHispano-Suiza HS 12Ydrs inlynmotor Kraglewering per motor850 perdekrag Vlerkspan9,4 m Lengte8,2 m Hoogte3,1 m Vlerkoppervlakte23,56 m2 Maksimum opstygmassa2 120 kg Maksimum snelheid394 km/h Operasionele hoogte10 600 m Togafstand580 km Klimvermoë900 m per minuutBewapeningVier gesinchroniseerde 7,7 mm masjiengewereen rakke vir ses 20 kg bomme

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Vegvliegtuie