Asetofenoon is 'n ketoon afgelei van benseen en kan daaruit met asetielchloried vervaardig word:

400px

Hierdie verbinding word in natuurlike produkte soos melk, sjokolade, framboos, ertjies en kaneelolie aangetref.

Die stof ruik effens soos lemoene en is een van die geurstowwe wat aan seep bygevoeg word en as 'n smaakstof aan produkte wat soos vrugte moet smaak. Dit word vir polimere en harse as oplosmiddel gebruik. Dit is slegs effens in water oplosbaar en sink in water omdat dit ‘n hoër digtheid het.

Verwysings

Kategorie:Organiese verbindings