Bensonitriel is die nitriel van benseen.

Dit is 'n kleurlose, olierige vloeistof. Dit het 'n amandelgeur en 'n bitter smaak. Die belangrikste kommersiële gebruik vir bensonitriel is die sintese van bensoguanien, wat 'n derivaat van melamien is en in beskermende bedekkings en gietharse gebruik word. Dit word gebruik as tussenproduk vir rubberchemikalieë; oplosmiddel vir nitrielrubber, spesialiteitslakke, en baie harse en polimere, en vir baie watervrye metaalsoute. Dit vind toepassing as 'n veelsydige voorloper vir baie derivate. Dit koördineer met oorgangsmetaalatome om komplekse te vorm wat as sintetiese tussenprodukte optree.

Vervaardiging Dit kan op verskillende maniere vervaardig word:

200px Uit monochlorobenseen200pxUit natriumbenseensulfonaat200pxUit anilien

Natuurlike voorkoms Daar word berig dat bensonitriel in verskeie voedselsoorte voorkom:

Brasiliëneut (Bertholletia excelsa) Haselneut (Corylus avellano) Kaas Verskeie soorte vis Cherimoya (Annona cherimolia Mill.) Heuning Cinnamomum spesies Katsuobushi (gedroogde bonito) Kakao Melk en melkprodukte Grondboontjies (Arachis hypogaea L.) Tamatie (Lycopersicon esculentum Mill.) Vark Trassi (gekook) Aartappel (Solanum tuberosum L.)

Verwysings

Kategorie:Organiese verbindings