Pilanesberg- Nasionale Park is noord van die groot dorp Rustenburg in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika geleë. Dit lê in die oorgangsone tussen die droë Kalahari en die Laeveld en het diere wat in albei streke tuis is. Dit beskik oor die Groot vyf, asook bastergemsbokke, basterhartbeeste en meer as 360 voëlspesies. Die park is geleë in 'n ou vulkaankrater wat 1,2 miljard jaar gelede gevorm is.
Fotogalery
Verwysings
Kategorie:Nasionale parke van Suid-Afrika Kategorie:Natuurreservate in Noordwes