Die Floressee (Indonesies: Laut Flores) is 'n see aan die weste van die Stille Oseaan in Suidoos-Asië. Dit lê tussen Sulawesi in die noorde en die Klein-Soenda-eilande in die suide net suid van die ewenaar. Die Floressee grens aan die Indiese Oseaan in die suidweste, die Javasee in die weste, die Bandasee in die ooste en die Timorsee in die suidooste.
duimnael|links|Ligging van die Floressee Die see het 'n oppervlakte van sowat 111 280 km² en 'n gemiddelde diepte van 500 m.
Die hele kus van die Floressee behoort aan die eilandnasie Indonesië.
Verwysings
Kategorie:Geografie van Indonesië Kategorie:Seë van Asië Kategorie:Seë van die Stille Oseaan