Die Salomonssee (Engels: Solomon Sea) is 'n see van die Stille Oseaan in Oseanië tussen Nieu-Guinee in die weste, die Bismarckargipel in die noordweste asook Bougainville en die Salomonseilande in die ooste. Die Salomonssee grens aan die Bismarcksee in die noordweste en die Koraalsee in die suide. Die see het 'n oppervlakte van sowat 720 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 5 500 m.
duimnael|links|Kennedy-eiland in die Salomonssee, Salomonseilande, genoem ná John F. Kennedy, die 35ste President van die Verenigde State Die Salomonssee is een van die diepste seë ter wêreld met die Planeetdiep wat 'n diepte van 9 140 m bereik. Byna die hele kus van die Salomonssee behoort tot die eilandnasie Papoea-Nieu-Guinee, net 'n klein deel in die ooste behoort tot die Salomonseilande. Die Salomonssee word deur Nieu-Brittanje van die Bismarcksee in die noordweste en deur Bougainville asook Nieu-Ierland van die oop Stille Oseaan in die noordooste geskei.
Tydens die Tweede Wêreldoorlog het hier vanaf 7 Augustus 1942 tot 9 Februarie 1943 die Slag van Guadalcanal tussen Japan en die Geallieerde magte van Australië, Nieu-Seeland, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State plaasgevind. Dit was die eerste teenoffensief van die Geallieerdes ná die Japanse aanval op Pearl Harbor en het uit gekombineerde aksies op land en see bestaan.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geografie van Papoea-Nieu-Guinee Kategorie:Geografie van die Salomonseilande Kategorie:Seë van Oseanië Kategorie:Seë van die Stille Oseaan