'n Wolframaat of eintlik 'n ortowolframaat is 'n anorganiese verbinding wat die komplekse ioon bevat. Wolfram het hier sy hoogste oksidasietoestand W(VI). Die ioon het 'n tetraëdriese struktuur.

Wolframate is algemeen taamlik onoplosbaar. Oplossings wat die tetraëdriese -ioon bevat kan nogtans vervaardig word deur die suiwer wolfram(VI)oksied in oplossings van 2 M natriumhidroksied op te los. Barré et al.Chemical behavior of tungstate solutions. Deel 1. A spectroscopic survey of the species involved U. Toulouse (2005) Spectrochimica Acta Part A: Molecular and Biomolecular Spectroscopy, vol. 6 (n° 4). pp. 551-557. het die spesies in oplossings met 0,2 - 1,0 M sulfaat met 4M swawelsuur getitreer en gevind dat die ortowolframaatioon stabiel is in basiese oplossings. By pH<7 word daar 'n neerslag van gevorm volgens:

Hierdie reaksie is nogtans erg traag. Die produk bly aanvanklik as .n in suspensie.

Ortowolframaat is in die Raman-spektrum herkenbaar aan sy absorpsie by 930 cm-1. Swakker bande verskyn by 830 en 320 cm-1. In die vastestof is bande by 925, 823, en 350 cm-1 gevind. Die verskille kan deur die verskille in koördinasie verklaar word.

Daar bestaan ook oligomere en polimere para-, iso-, meta- en poliwolframate, soos die natriumparawolframaat .28. Die ortowolframaatioon is nogtans waarskynlik die belangrikste oplosbare spesies vir die geologiese vorming van wolframmineraleGeological Survey Professional Paper, Issue 820 Geological Survey Professional Paper, Geological Survey (U.S.) U.S. Government Printing Office, 1949, bls. 670

Verwysings

Sien ook Lys van anione

Kategorie:Anorganiese chemie