Bakeriet is die algemene naam wat gegee word aan gehidreerde kalsiumboorsilikaathidroksied, 'n borosilikaatmineraal met chemiese formule Ca4B4(BO4)(SiO4)3(OH)3·(H2O) wat voorkom in vulkaniese gesteentes in die Baker-area in Kalifornië.

Geskiedenis Dit is die eerste keer in 1903 beskryf waar dit voorkom in die Corkscrew Canyonmyn van die Black Mountains, Death Valley Nasionale Park, Kalifornië, VSA.Mindat.org Dit is vernoem na Richard C. Baker, 'n direkteur van die Pacific Coast Borax Company.Hildebrand, GH. (1982) Borax Pioneer: Francis Marion Smith. San Diego: Howell-North Books. p. 89. ()

Kristalstruktuur Bakeriet () se struktuur is nouverwant aan datoliet s'n (), maar daar is geen minerale gevind wat op 'n oplossingsreeks wys nie.

Bakeriet besit 'n gelaagde struktuur. Daar is kalsiumlae wat afwissel met lae wat 'n netwerk van twee tipes tetraëders bevat. Die kalsiumatome het 'n koördinasie wat as 'n vervormde tetragonale antiprisma beskryf kan word. Die hidroksielgroepe wys na die kalsiumatome. Die eerste tipe tetraëder is T = ; die ander een T = . Die tetraëders is aan hoekpunte met mekaar verbind en vorm 'n 2D-netwerk.

DTA-eksperimente het uitgewys dat die mineraal sy hidroksielgroepe stapsgewys by 652 °C en 703 °C verloor, pleks van in een stap by 733 °C soos met datoliet.

Verwysings

Kategorie:Geologie Kategorie:Minerale Kategorie:Boraatminerale