Germaniumsuur of germanium(IV)hidroksied is 'n chemiese verbinding met die formule of . Die verbinding is amfotêr en kan dus as 'n suur of 'n basis in chemiese reaksies optree.
Germaniumsuur speel 'n beskeie rol in die geochemie van die aarde, omdat dit as molekulêre spesie tot 'n pH <8-9 die oorheersende spesie in 'n waterige oplossing is. Onder hidrotermale omstandighede kan die oplosbaarheid aansienlik wees. Water in ewewig met die tetragonale vastestof bevat net 0,7 ml Ge per liter. Teen 350°C neem dit toe tot 1600 mg/L.
Germanium in oseaanwater kom hoofsaaklik as Ge(IV)hidroksied en as germanaatione ([] en []) voor. Die konsentrasie germanium in oseaanwater is redelik konstant en blyk onafhanklik van diepte te wees. Die bron van germanium is vulkaniese aktiwiteit en die vorming van tektoniese kors onder die oseane.
In basiese oplossings reageer germaniumsuur as suur en vorm die ioon [].
Verwysings
Kategorie:Anorganiese verbindings