Coronation Street (algemeen bekend as Corrie) is sedert 1960 ’n gewilde sepie op Britse televisie.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Die eerste aflewering van die TV-reeks is op 9 Desember 1960 vertoon. Sedertdien is daar al meer as 8 000 aflewerings uitgesaai. Die reeks word deur ITV Granada Television vervaardig en deur die Britse sender ITV gebeeldsend.

Die program handel oor die alledaagse lewens van die mense wat in Coronation-straat in Weatherfield woon. Weatherfield is 'n denkbeeldige buurt in Groter Manchester, waar die program ook opgeneem word. Die kafee in die straat, die Rovers Return Inn, vervul 'n belangrike rol as die ontmoetingsplek vir die inwoners in die reeks.

Op 17 September 2010 word Coronation Street die wêreld se langslopende TV-sepie in produksie, nadat die Amerikaanse sepie As the World Turns op dié datum geëindig het. Coronation Street breaks two world records, 24 September 2010. Voor dit was dit reeds die langslopende dramareeks in die Verenigde Koninkryk gewees. The Guinness Book of Records 1998, Guinness Publishing Ltd, 1997. In 1971 het Granada Television 'n rekord van 1 144 aflewerings aan die voormalige Kanadese TV-stasie CBKST Saskatoon verkoop.

Rolverdeling duimnael|Coronation Street duimnael|Die kafee, Rovers Return Inn

+HoofrolspelersAkteurRolPeriode Violet Carson Ena Sharples 1960–1980Margot Bryant Minnie Caldwell 1960–1976 Lynne Carol Martha Longhurst 1960–1964 Arthur Lowe Leonard Swindley 1960–1965Jack Howarth Albert Tatlock 1960–1984William Roache Ken Barlow 1960–hedePat Phoenix Elsie Tanner 1960–1973, 1976–1984Doris Speed Annie Walker 1960–1983 Arthur Leslie Jack Walker 1960–1970 Eileen Derbyshire Emily Bishop 1961–hede Kenneth Cope Jed Stone 1961, 1962–63, 1966, 2008–2009 Jean Alexander Hilda Ogden 1964–1987 Bernard Youens Stan Ogden 1964–1984 Betty Driver Betty Turpin 1969–2011 Anne Kirkbride Deirdre Barlow 1972–2014 Barbara Knox Rita Sullivan 1972–hede Elizabeth Dawn Vera Duckworth 1972–2008 Helen Worth Gail Platt 1974–hede Bill Tarmey Jack Duckworth 1979–2010 Sue Nicholls Audrey Roberts 1979–hede Michael Le Vell Kevin Webster 1981–hede Sally Whittaker Sally Webster 1986–hede Simon Gregson Steve McDonald 1989–hede Beverley Callard Liz McDonald 1989–hede Tina O'Brien Sarah Platt 1999–2007, 2015–hede Sue Cleaver Eileen Grimshaw 2000–hedeRyan Thomas Jason Grimshaw 2000–hede Andrew Whyment Kirk Sutherland 2000–hede Jennie McAlpine Fiz Brown 2001–hede Kate Ford Tracy Barlow 2002 tot hede Julia Haworth Claire Peacock 2003–2011 Anthony Cotton Sean Tully 2004–hede Jenny Platt Violet Wilson 2004–hede Michelle Keegan Tina McIntyre 2007–hede Katy Cavanagh Julie Carp 2008–hede Ayesha Dharker Tara Mandal 2008–2009 Catherine Tyldesley Eva Price 2011–hede John Michie Karl Munro 2011–hede

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Britse televisiereekse