Die Bandasee (Indonesies: Laut Banda, Portugees: Mar de Banda) is 'n see aan die weste van die Stille Oseaan in Suidoos-Asië. Dit lê tussen Sulawesi in die weste, die Molukke in die noorde en die Klein-Soenda-eilande in die suide net suid van die ewenaar. Die Bandasee grens aan die Floressee in die weste, die Seramsee in die noorde, die Arafurasee in die suidooste, die Timorsee in die suide en die Savusee in die suidweste.
duimnael|links|Ligging van die Bandasee Die see het 'n oppervlakte van sowat 470 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 5 600 m. Dit is ongeveer 1 000 km (600 myl) van oos na wes, en ongeveer 500 km (300 myl) van noord na suid. Dit is binne die Maleise argipel geleë en 'n tropiese see.
Die belangrikste nedersettings aan die see is Ambon in Indonesië en Dili, die hoofstad van Oos-Timor. Byna die hele kus van die Bandasee behoort tot die eilandnasie Indonesië en net 'n klein deel in die suide behoort aan Oos-Timor.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geografie van Indonesië Kategorie:Geografie van Oos-Timor Kategorie:Seë van Asië Kategorie:Seë van die Stille Oseaan