duimnael|links|Ligging van die Celebessee Die Celebessee (Engels: Celebes Sea, Filippyns: Dagat Selebes, Indonesies en Maleis: Laut Sulawesi) is 'n see van die Stille Oseaan in Asië tussen die Filippyne (Mindanao) in die noorde, Maleisië (Borneo) in die weste en Indonesië (Sulawesi) in die suide net noord van die ewenaar. Die Celebessee grens aan die Sulusee in die noorde, die Molukkesee in die suidooste en die Filippynse See in die ooste. Die Celebessee word deur die Makassar-straat met die Javasee in die suide verbind. Die see het 'n oppervlakte van sowat 280 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 4 000 m.
Die belangrikste nedersettings aan die see is Manado in Indonesië en Zamboanga Stad in die Filippyne.
Seerowery is 'n algemene verskynsel, veral naby die kus van Borneo.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geografie van Indonesië Kategorie:Geografie van Maleisië Kategorie:Geografie van die Filippyne Kategorie:Seë van Asië Kategorie:Seë van die Stille Oseaan