Die Soeloesee (Engels: Sulu Sea, Filippyns: Dagat Sulu, Maleis: Laut Sulu) is 'n see van die Stille Oseaan in Asië tussen die Filippyne (Mindanao en Visayas) in die ooste en Maleisië (Borneo) in die suidweste. Die Soeloesee grens aan die Suid-Chinese See in die weste en die Celebessee in die suide. Die see het 'n oppervlakte van sowat 260 000 km² en 'n maksimale diepte van 5 600 m.
duimnael|links|Die Soeloesee soos vanaf die Filippynse eiland Palawan gesien duimnael|links|'n Haai in die Tubbataha Nasionale Mariene Park, Soeloesee, Filippyne Die belangrikste nedersettings aan die see is Sandakan in Maleisië. In die middel van die Soeloesee is die Tubbatah-koraalrif geleë, wat in 1993 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys is. Hierdie inskrywing is in 2009 uitgebrei.
Seerowery is 'n algemene verskynsel, veral naby die kus van Borneo.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geografie van Maleisië Kategorie:Geografie van die Filippyne Kategorie:Seë van Asië Kategorie:Seë van die Stille Oseaan